Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 243

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

VERTREK VAN CIRÉNIUS EN DIE BESOEK VAN JONATHAN

Josef se kragdadige naasteliefde - `n Egte troos in swaar beproewings - Aandbesoek en aandete by Jonathan

(02 Julie 1844)

243 Na volle sonsondergang was Josef nog twee uur besig met die verdeling 

[2] en hy het aan die dakloses ook plekke aangewys waar hulle kon oornag. 

[3] Want maar weiniges het dit durf waag om in die stad te oornag, deels vanweë die sterk brandlug, 

[4] deels egter ook weens die onsekerheid, omdat `n mens nog steeds daarop moes oplet of die vuur nie binne `n kort tyd een of ander nog ongedeerde huis ook sou oorval nie. 

[5] Toe Josef sy werk aldus afgehandel het, het hy stilletjies aan die Kindjie gevra of dit nou wel in orde sou wees om die huis te verlaat en hom na Jonathan te begewe. 

[6] Die Kindjie het gesê: “Waarom is jy bekommerd oor die huis en die inhoud daarvan? 

[7] Dit behoort tog nie aan ons nie, maar aan hom wat dit gekoop het, so ook die inhoud wat ewe-eens aan die koper behoort. 

[8] Ons gaan daarom na Jonathan, wat verseker wel `n goeie vis vir ons gereed het!” 

[9] En Josef het gesê: “Jy het natuurlik wel gelyk, 

[10] maar bedink dat ons `n kas vol goud en silwer het en koeie, bokke en esels! 

[11] Sou dit nie `n buit van hierdie gaste wat nou `n groot aantal geword het, kon word nie?” 

[12] En die Kindjie het gesê: “Josef, dit is nou te hoog vir My;

[13] bespreek dit met Jakob, hy verstaan hierdie dinge nou beter as Ek!” 

[14] En Josef het dieselfde vraag dadelik aan Jakob gestel. 

[15] En Jakob het gesê: “Vader en as ons alles sou verloor, maar die Heer daarby behou, wat sou ons dan verloor het?! 

[16] Die Heer gaan egter saam met ons na Jonathan; wat moet ons dan vrees om hier in die huis van die goewerneur te verloor?! 

[17] Laat die hele wêreld van jou beroof word, maar behou die Heer, dan besit jy meer as wanneer alle hemele en planete jou volledige bruikbare eiendom sou wees! 

[18] Opregte man, trek daarom sonder vrees en sorge met die Heer na Jonathan, dan sal jy jou daarvan oortuig dat ons niks sal verloor nie!” 

[19] Hierdie woorde van die Heer uit Jakob se mond het Josef soseer gerusgestel, dat hy onmiddellik met sy hele familie hom op pad na Jonathan begewe het. 

[20] Daar het almal reeds met die grootste verlange op die aankoms van Josef gewag. 

[21] En toe hulle hom in die oog gekry het, het hulle soos kinders, waaronder ook Cirénius homself bevind het, hulle vader tegemoet gehardloop. 

[22] Toe Josef met sy mense onder so `n begeleiding Jonathan se huis binnegetree het, het Jonathan onmiddellik die goed voorbereide visse laat opdien en almal het nou aandete genuttig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205