|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 84
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die sage oor die ontstaan van die stad Ostrasine - Cirénius is bekommerd oor die toekoms vanweë die afgodstempels
(04 Des 1843)
84 Buite aangekom, het Josef en Cirénius begin om verskillende sake te bespreek, terwyl Maria intussen in die huis die Kindjie versorg het
[2] en Josef se seuns hulle besig gehou het om die huishoudelike aangeleenthede in orde te bring van die huislike take, waarby die dienaars van Cirénius baie dienste aan hulle verleen het.
[3] Na verskeie gesprekke oor minder belangrike onderwerpe tussen Josef en Cirénius in geselskap van Maronius Pilla, het egter ook `n belangriker onderwerp ter sprake gekom, wat Cirénius bespreek het:
[4] “Verhewe vriend en broer! Kyk, die stad en die hele groot gebied wat nog onder die bestuur van die stad val, tel sekerlik tagtigduisend mense!
[5] Daaronder is daar maar baie weinig wat u geloof en u godsdiens aanhang.
[6] Ek weet dat hulle meestal reeds duisende jare min of meer aartsafgodsdienaars is.
[7] Hulle afgodstempels het hulle almal in hierdie oeroue stad, wat volgens `n mite ter geleentheid van die oorloë van die gode met die reuse van die aarde gebou sou gewees het en wel deur Zeus self as teken van oorwinning oor hierdie reuse van die aarde.
[8] Mercurius het na bewering die beendere van die reuse versamel en in die see laat sink en daardeur sou hierdie land ontstaan het.
[9] Zeus sou daarna `n volle maand lank sand en as op die beendere laat reën het en soms ook groot en swaar stene laat val het!
[10] Vervolgens sou Zeus aan die ou Ceres opdrag gegee het om die land vrugbaar te maak en daar in die middel, nie te ver van die see nie, `n kasteel en `n stad te bou as teken van die groot oorwinning.
[11] Zeus self sou dan uit die aarde `n volk oproep, wat hierdie land en hierdie stad vir altyd en ewig sou bewoon.
[12] Uit hierdie verhaal wat ek aan jou vertel het, sal jy nou maklik kan uitmaak, dat juis hierdie volk, meer as enige ander volk op aarde, nog vas daarvan oortuig is, dat hulle die stad bewoon, wat die gode self gebou het.
[13] Om hierdie rede sien jy dan ook altyd die uitermatig verwaarloosde woonhuise, omdat geen mens dit waag om aan die werk van die gode iets te verbeter nie, om homself nie teenoor hulle te versondig nie.
[14] In die besonder het die ou Ceres met behulp van Mercurius en Apollo na bewering eiehandig die tempel gebou.
[15] Dit is die mite en terselfdertyd nog die vaste geloof van die andersins goedmoedige volk, wat ondanks sy armoede baie gasvry en uitsonderlik eerlik is.
[16] Wat is daar nou hier te doen, as die volk byvoorbeeld die heropbou van die tempels verlang?
[17] Moet `n mens die tempels weer herbou of nie, of moet `n mens die volk bekeer tot jou leer?
[18] En as `n mens dit doen, wat sal dan die naburige volkere, wat ook baie dikwels hierdie stad besoek, daarvan sê, noudat hierdie stad eerder, soos eintlik al van oudsher af, meer `n ruïne as `n werklike stad is?”
|
|
|
|
|