Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die engel en raadgewer van die drie Wyses - Die vertrek van die Wyses na die Ooste - Die ongeduld van Josef - Cornelius se gerusstellende woorde aan Josef - Josef wys op die mag en goedheid van God

(20 Sept. 1843)

(Matthéüs. 2:12).

32 Die drie Wyses het egter in `n tent byeengekom en bespreek wat hulle nou moet doen. 

[2] Moes hulle hul woord wat hulle aan Herodus aan hulle gegee het, hou, of moes hulle nou vir die eerste maal hulle woord breek? 

[3] En as hulle `n ander weg na hul land sou neem, dan was die vraag welke weg hulle veilig na hulle land sou terugbring? 

[4] En die een het aan die ander gevra: ”Sal die wonderbaarlike ster, wat ons hierheen gelei het, ons ook wel weer langs `n andere weg terug na ons huis lei?” 

[5] En kyk, terwyl hulle so oorleg gepleeg het, het daar opeens `n engel in hul midde gekom, wat tot hulle gespreek het: ”Bekommer julle nie onnodig nie, die weg is reeds gebaan! 

[6] So regstreeks as wat die straal van die son op die middaguur op die aarde val, so regstreeks sal julle môre via `n andere weg as oor Jerusalem na julle land gelei word!” 

[7] Toe het die engel verdwyn en die drietal het hulle ter ruste begeef. En vroeg in die oggend het hulle van daar af weggetrek en het spoedig langs die kortste weg weer in hulle vaderland gekom, waar hulle aan talle vriende die groot eer van God verkondig het en in hulle weer die regte geloof in die enigste God gewek het.. 

[8] Dieselfde oggend het Josef aan die hoofman gevra, hoe lank hy nog in die grot sou moes bly. 

[9] Die hoofman het baie vriendelik aan Josef gesê: ”Man van my hoogste agting! Dink jy dan, dat ek jou hier hou as `n gevangene?! 

[10] O, wat `n gedagte! Hoe sou ek, `n wurm in die stof voor die mag van jou God, jou ooit gevange hou?! Wat my liefde vir jou doen, kyk, dit is tog geen gevangenskap nie! 

[11] Wat my betref, is jy elke uur vry en kan jy gaan waarheen jy wil! Maar nie so vry is jy wat my hart betref nie; dit sou jou vir altyd hier wil hou, want dit het jou en jou Seuntjie onbeskryflik lief! 

[12] Maar wees nog `n paar dae rustig; ek sal onmiddellik verkenners na Jerusalem stuur en daar verneem, wat die grys vos van plan sal wees om te doen, noudat die Perse nie hulle woord teenoor hom gehou het nie! 

[13] Dan sal ek weet wat my te doen staan en sal jou beskerm teen elke vervolging van hierdie woestaard. 

[14] Want jy kan my glo: Hierdie Herodus is die grootste vyand van my hart, en ek sal hom tref waar ek ook maar kan en mag! 

[15] Ek is weliswaar net `n hoofman en is self nog ondergeskik aan die hoëre veldheer, wat te Sidon en Smirna woon en die bevel voer oor twaalf legioene in Asië! 

[16] Ek is egter geen gewone centurio, (hoofman oor honderd) nie, maar `n patrisiër (adellike burger in Ou Rome) en voer op grond van my titel mede-bevel oor die twaalf legioene in Asië! En as ek die een of andere legioen wil instel, hoef ek nie eers in Smirna toestemming te vra nie, maar as patrisiër hoef ek maar net te beveel en die legioen moet my gehoorsaam! Daarom kan jy wel op my reken, as Herodus in opstand mag kom!” 

[17] Josef het die hoofman vir hierdie uiters vriendelike sorgsaamheid gedank, maar daaraan toegevoeg: 

[18] ”Luister nou na my, agtenswaardige vriend! Kyk, jy het jou vroeër met betrekking tot die Perse ook al baie waaksaamheid betoon, maar wat vir `n nut het dit gehad? 

[19] Die Perse het ongesiens deur al jou duisende bespiedende oë gekom en het, lank voordat jy ook maar één van hulle opgemerk het, hulle kamp alreeds opgeslaan! 

[20] Kyk, as die Heer my God my toe nie beskerm het nie, waar was ek nou dan wel met jou hulp?! Voordat jy te voorskyn gekom het, sou die Perse my met my hele gesin al lankal kon verwurg het! 

[21] Daarom sê ek nou aan jou as `n vriend, wie se hart met die warmste dankbaarheid vervul is: Menslike hulp dien tot niks nie, want alle mense is niks voor God nie! 

[22] Maar as God die Heer ons wil help en ook wel alleen maar kan help, dan hoef ons nie veel moeite te doen nie, want ondanks al ons moeite sal alles nogtans so gebeur soos wat die Heer dit wil, maar nooit soos ons dit wil nie! 

[23] Laat daarom die moeisame en gevaarlike verkenning in Jerusalem agterweë, waardeur jy ten eerste weinig belangriks sou kan verneem en ten tweede, as dit bekend sou word, jou om my ontwil nog `n bitter lot beskore sou kon word! 

[24] In hierdie nag sal die Heer my tog beslis in elk geval wel laat weet, wat Herodus sal doen en wat ek sal moet doen; daarom kan jy nou saam met my baie rustig wees en die Heer oor my en jou laat waak, en alles sal wel goed wees!” 

[25] Toe die hoofman hierdie woorde van Josef verneem het, was hy diep bewoë in sy gemoed en dit het hom seergemaak, dat Josef sy hulp afgewys het! 

[26] Maar Josef het gesê: ”Goeie, liewe vriend, dit maak jou seer, omdat ek jou afgeraai het om jou nog verder om my welsyn te bekommer. 

[27] Maar as jy die saak so in die helder lig beskou, dan moet jy tog noodwendig dieselfde insien! 

[28] Kyk, wie van ons het ooit die son, die maan en alle sterre oor die uitspansel gedra? Wie van ons het ooit die winde, die storms en die weerligstrale beveel?! 

[29] Wie het die bedding vir die magtige see gegrawe? Wie van ons het die groot riviere sy loop voorgeskrywe?! 

[30] Watter voël het ons sy vinnige vlug geleer en wanneer sy vere georden?! Wanneer het iemand van ons sy klankryke keel en sy sang gevorm?! 

[31] Waar staan die gras dan wel, vir die groei waarvan ons die lewende saad gemaak het?! 

[32] Kyk, dit alles doen die Heer daagliks! En Sy magtige, wonderbaarlike bestuur moet jou tog elke moment aan Sy oneindige liefdevolle voorsorg herinner, hoe kan jy jou dan verwonder as ek jou vriendelik daarop wys, dat voor God alle menslike hulp in die stof van die nietigheid versink?” 

[33] Hierdie woorde het die hoofman weer in `n meer gunstige stemming gebring, maar nogtans het hy tog in die geheim verkenners na Jerusalem gestuur om te wete te kom wat daar aangaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205