Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 251

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die seën van die Heer in Josef se huis - Verwondering en dankbaarheid van die gesin - Jakob praat oor die wonder van die koringkorrel

(12 Julie 1844)

251 Tydens hierdie bespreking het Josef se seuns die vee versorg, die koeie en die bokke gemelk en dié keer `n ongewone hoeveelheid van die rykste melk verkry. 

[2] Toe hulle daarmee klaar was, het twee van hulle na `n koringakker gegaan wat alreeds heeltemal ryp was daar enkele gerwe afgesny en vinnig `n groot mandjie vol koringkorrels uit die afgesnyde gerwe gevryf. 

[3] Die twee ander broers die inhoud van die mandjie met koringkorrels geneem en die koringkorrels in twee handmeulens gegooi wat Josef self gemaak het en in `n kort tydjie die graan gemaal. 

[4] Deur die seën van die Heer het hulle twee keer soveel meel verkry as wat daar graan in die mandjie in voorraad was. 

[5] Al hierdie werk was in drie ure voltooi. Toe die meel in twee mandjies in die son daar gestaan het, 

[6] het Josef na buite gekom en aan sy seuns gevra waar hulle hierdie pragtige meel vandaan gekry het. 

[7] Toe sy seuns hom gesê het hoe hulle hierdie meel verkry het, het hy die uitgevryfde gerwe bekyk en gesê: 

[8] “Hoe is dit moontlik? Ek sien net tien gerwe! Sou dit dan hierdie twee groot mandjies met meel kon gevul het?” 

[9] En die seuns het gesê: “Ja, vader, so is dit! Deur God se barmhartigheid het ons inderdaad in `n kort tydjie uit die tien gerwe die meel verkry; 

[10] die seën van God was oor die gerwe en oor ons werk, vandaar hierdie ryk wins!” 

[11] Daarop het Josef met `n uiters ontroerde hart gedank en het weer na binne gegaan en dit aan almal in die huis vertel. 

[12] En almal het na buite gegaan om die meel te bekyk en die een sowel as die ander het gesê: 

[13] “Dit is onmoontlik om op natuurlike wyse suiwer onmoontlik!” 

[14] Toe het Jakob, daartoe innerlik aangedryf, `n koringkorrel wat op die grond gelê het, geneem en gesê: 

[15] “Julle is almal verwonderd daaroor dat daar soveel meel uit die are* gekom het! * (Garben = gerwe; Weizenähren = koringare ) 

[16] Wanneer het ooit iemand van ons so daaroor verwonder, as hy so `n korreltjie in die grond gestrooi het en dan spoedig `n aar met honderd korrels uit die een korrel sien ontspruit het? 

[17] En tog is hierdie eerste daaglikse wonder groter as hierdie dubbele meelvermeerdering, omdat `n enkele korrel verhonderdvoudig word! 

[18] Indien die tien volle gerwe net een mandjie vol meel sou opgelewer het, dan sou niemand hom daaroor verwonder het nie, hoewel een mandjie ewegoed `n wondergawe van God sou wees as wat twee mandjies dit is! 

[19] So het niemand hom dus ook meer oor `n aar met honderd korrels verwonder nie, omdat `n mens alreeds gewoond is aan hierdie wonder. 

[20] Maar ek vra my af of dit wel reg is om God net daar te bewonder, waar Hy iets ongewoons laat gebeur, terwyl tog die geordende gewone verreweg hoër staan, omdat dit altyd te alle tye voortdurend van dieselfde eindelose goedheid, almag, liefde en wysheid van God getuig?!” 

[21] Hierdie woorde van Jakob het groot opsien veroorsaak. Almal het daarom die Heer geloof, dat Hy aan die mens so `n groot wysheid gegee het. Die seuns het egter die meel geneem en met die toebereiding van `n goeie middagmaal begin.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205