|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 180
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die voorspoedige landing – Jonathan se vreugde - Die dank van Cirénius - Die skipbreukelinge rus uit - Die berging van die vasgevalde skip - Die gemeenskaplike ontbyt –Jonathan se nederigheid - Die aankoms van Josef en sy mense
(02 Mrt 1844)
180 Cirénius het aan sy reusagtige redder gevra, wat die naam van die streek was waar hy hom nou bevind het en hoe hy as redder self heet.
[2] En Jonathan het geantwoord: “Heer, u moet wel `n vreemdeling wees, omdat hierdie streek, wat tog soveel tipiese kenmerkende eienskappe het,, vir u onbekend is!”
[3] Cirénius het gesê: “Vriend, die een streek lyk dikwels dieselfde soos die ander en in die skemerlig van die maan herken `n mens dikwels sy eie vaderland nie!
[4] Maar veral as die hart kort tevore in doodsangs verkeer het, gaan dit met die herkenning van gebiede wel besonder sleg!
[5] Daarom kan jy my wel vertel hoe hierdie streek heet, waarheen die ontsettende storm my gedryf het!”
[6] En Jonathan het gesê: “Goeie meester, u weet tog, dat daar `n reël is, waarvolgens `n mens `n geredde nie dadelik mag sê waar hy is nie.
[7] Want as hy ver verwyderd is van die plek van sy bestemming, dan word hy al te treurig as hy dit dadelik na die gevaar wat hy uitgestaan het, verneem;
[8] is hy egter deur `n toevallige wending van die storm tog nog naby die plek van sy bestemming, dan sou so `n vreugde hom na `n voorafgaande doodsangs die lewe kon kos!
[9] Daarom moet die redder in die begin swygsaam wees en eers na `n tyd aan die gereddes bekendmaak, wat hulle wil weet!”
[10] Toe Cirénius die antwoord van die redder wat vir hom nog onbekend was, gekry het, het hy gesê:
[11] “Waarlik, jy is `n edele redder en besit bowendien nog die ware wysheid; vaar dus maar vinnig, sodat ons spoedig aan land sal wees!”
[12] En Jonathan het gesê: “Kyk, daar is die baai alreeds; dit loop aan die einde in `n smal seearm uit!
[13] As ons hier op `n vaste en rustige plek sou gewees het, dan sou ons my vissershut alreeds lankal gesien het!
[14] Binne `n kwartier is ons alreeds lankal op droë land, want die wind is nou baie gunstig vir ons!”
[15] Cirénius was tevrede met hierdie antwoord en Jonathan het pylsnel deur die baai gevaar en in enkele minute die gewenste oewer bereik.
[16] Toe die boot aan die oewer vasgemaak was, het almal dadelik aan land gegaan en Cirénius het hardop die God van Israel gedank, dat Hy hom met al sy dierbares gered het.
[17] Toe Jonathan egter gehoor het dat Cirénius, wat hy nie geken het nie, die God van Abraham, Isak en Jakob prys, het hy gesê:
[18] “My vriend, nou is ek dubbeld bly, omdat ek in u `n Israeliet gered het, want ook ek is `n seun van Abraham!”
[19] Cirénius het gesê: “Dit is ek juis nie, want ek is `n Romein; maar nogtans ken ek die heiligheid van jou God en daarom bely ek Hom alleenlik.”
[20] En Jonathan het gesê: “Dit is nog beter! Môre sal ons verder daaroor praat; wat vandag betref, gaan julle eers rus!
[21] Kyk, my hutte is ruim en skoon! Strooi het ek ook in groot hoeveelhede, maak julle vir julle dus `n bed; self sal ek dadelik weer teruggaan om te sien of julle skip nog vaarbaar gemaak kan word!”
[22] Cirénius het weliswaar gesê: “Vriend, daarvoor is daar môre tog ook nog tyd.”
[23] Maar Jonathan het gesê: “Môre is dit die Sabbat; dan moet ons rus van alle swaar arbeid! Daarom moet alles nog voor sonsopgang in orde gebring word!”
[24] Daarop het Jonathan met sy helpers weer aan boord van die boot gegaan en daar die wind ietwat gaan lê het, des te vinniger uitgevaar na Cirénius se skip en het weinig moeite gehad om dit weer vaarbaar te kry, omdat die vloed van die see by geleentheid van die volmaan hom goed te pas gekom het.
[25] Hy het dadelik die sleeptou gegryp en dit aan die boot vasgemaak en vol vreugde na die taamlike diep baai geroei en so die hele groot skip die veilige hawe binnegebring en het dit aan die oewer laat vasmaak met `n baie lang skeepstou, omdat hy dit nie voor anker kon lê nie.
[26] Na hierdie arbeid van ruim twee uur, het Jonathan met sy helpers na sy huis toe gegaan toe dit al taamlik lig begin word het; hy het op sy bed gaan lê en hy en sy helpers het almal ongeveer drie ure lank gerus.
[27] Ook Cirénius en sy gevolg het gerus en het tot taamlik laat in die oggend geslaap.
[28] Toe Jonathan versterk wakker geword het, het Hy God in die Kindjie van Josef geloof en geprys en gedink aan wat Hy aan hom gesê het.
[29] Daarna het hy opdrag aan die vroue gegee om dadelik die beste tornyne - ongeveer dertig in getal - skoon te maak en dit vir die baie gaste te rooster, waarby hy self met al sy helpers die vroue behulpsaam was.
[30] Toe die ontbyt na `n uur klaar voorberei was, het Jonathan self na die hutte gegaan en het sy geredde gaste gewek.
[31] Cirénius was wel eerste wakker en het geheel versterk en opgewek gevoel en dadelik aan Jonathan gevra of hy die skip wel nog gevind en ingesleep het.
[32] En Jonathan het gesê: “Staan maar op en kyk by hierdie venster uit!”
[33] En Cirénius het dadelik opgestaan, na buite uitgekyk en sy groot skip geheel behoue in die hawe gesien.
[34] Toe het hy buitengewoon bly geword, ja ontroerd van dankbaarheid jeens hierdie reusagtige redder, Jonathan, en het gesê:
[35] “O vriend, so `n daad kan nie gewoonweg beloon word nie; waarlik, hierdie daad sal ek op `n manier beloon, soos alleen `n keiser dit kan beloon!”
[36] Jonathan het egter gesê: “Vriend, dit is wel goed so; kom egter met u gevolg na die ontbyttafel!”
[37] Cirénius, wat hoogs verwonderd was, het gesê: “Wat, wil jy ons nou ook nog `n maaltyd aanbied? O edel mens! As ek nou eers van jou mag verneem waar ek is en wie jy is, dan sal jy ook verneem wie ek is en jy sal dan `n groot beloning ontvang!”
[38] Daarna het almal opgestaan en Jonathan na die groot hut gevolg, waar die ontbyt al op die geselskap gewag het en almal het die goedvoorbereide visse met baie smaak geëet en Jonathan uitermatig geprys.
[39] Maar Jonathan het gesê: “O, roem my nie, want dit alles is die groot verdienste van Iemand anders - en nie van my nie!
[40] Ek was net `n lomp werktuig van Hom, wat my so gelei het en vroeër aan my aangekondig het, dat ek vannag `n belangrike diens te verrig sou kry.
[41] En so was dit dan ook; ek het u in groot nood gevind en vir u `n redder geword en dit was die wil van die Allerhoogste.
[42] Hierdie heilige wil het ek vervul met die besef en wete dat dit die wil van God is en uit liefde tot Hom Self uitgevoer het, dit is my grootste loon - en al sou u `n keiser gewees het, dan sou u my geen groter loon kon gegee het nie!
[43] Daarom versoek ek u om ook aan geen ander beloning by uself te dink nie.
[44] Bring alleenlik u mooi en groot skip weer in orde en as ek van u die plek van u bestemming sal verneem, dan sal ek u bowendien nog met raad en daad bystaan!”
[45] Daarop het Cirénius gesê: “Vriend, dit sal jy dadelik verneem!
[46] Kyk, die plek van my bestemming is eintlik Ostrasine in Egipte, want ek is die landvoog en `n broer van die keiser! My naam is Cirénius Quirinus.”
[47] By die aanhoor van hierdie woorde het Jonathan op sy knieë neergeval en om barmhartigheid gesmeek ingeval hy dalk in enige opsig aanmatigend sou gewees het.
[48] Toe Cirénius Jonathan wou laat opstaan, het Josef met sy hele geselskap gekom om Jonathan te besoek, omdat hy nie volgens belofte op die afgesproke tyd by Josef aangekom het nie.
|
|
|
|
|