|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 207
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die nagtelike orkaan met sy verskrikkings - Die wilde diere - Josef vervloek die storm - Teregwysing deur die Kindjie - Die einde van die storm
(15 Mei 1844)
207 Twee uur later, toe almal al rustig gelê en slaap het, het daar `n geweldige orkaan opgesteek wat so hewig teen die huis gestoot het, dat die hele huis gebewe het.
[2] Deur hierdie dreunende stamp het alle slapendes wakker geword.
[3] En toe die orkaan voortgewoed het en vergesel was van duisend weerligstrale en geweldige donderslae,
[4] het almal wat in Josef se huis was, begin bewe van angs.
[5] By die gewoed en geraas van die orkaan, het hom ook nog die gehuil van `n menigte wilde en verskeurende diere gevoeg en dit maak die angs van die gaste in Josef se huis nog groter gemaak.
[6] Elkeen het begin saamdring in die kamer waar Josef, Cirénius en Jonathan hulle bevind het, om daar beskerming te soek.
[7] Josef het opgestaan, lig gemaak en die angstige mense so goed as hy maar kon, getroos.
[8] Dieselfde het troos ook die reus Jonathan en Cirénius gedoen.
[9] Maar toe die storm steeds hewiger geword het, het die vertroosting van die drie nie veel gehelp nie en die meeste het in die grootste doodsangs geraak, toe sommige tiers hulle kloue deur die vensters wat weliswaar goeie traliewerk gehad het, na binne begin steek het met `n onheilspellende gehuil.
[10] Toe dit selfs vir Josef `n bietjie te erg word, het hy homself opgewen en met die storm gepraat:
[11] “Verstom, jou monster, in die Naam van Hom wat hier woon, `n Heer van die oneindigheid
[12] en versteur verder nimmermeer die rus van hulle wat die rus van die nag nodig het! Laat dit so wees!”
[13] Josef het hierdie woorde met groot krag uitgeroep, sodat almal nog meer daaroor ontsteld was as oor die gewoed van die orkaan.
[14] Maar sy woorde het nogtans nie die storm laat ophou nie, waaroor Josef hom nog meer opgewen het en sy dreigement nog heftiger aan die storm gerig het.
[15] Maar ook dit het vrugteloos gebly en die orkaan het met Josef gespot.
[16] Toe het Josef toornig op die ongehoorsame orkaan geword en hom vervloek.
[17] Op daardie oomblik het die Kindjie wakker geword en aan Jakob gesê, wat langs die bedjie was, gesê:
[18] “Jakob, gaan na Josef en sê aan hom, dat hy sy vloek weer moet terugneem, want hy vervloek wat hy nie ken nie!
[19] Eers môre sal hy die oorsaak van hierdie storm en die goeie rede daarvoor insien; binne `n paar minute sal die storm in elk geval al verby wees.”
[20] Daarop het Jakob dadelik na Josef toe gegaan en hom vertel wat die Kindjie aan hom opgedra het.
[21] Toe het Josef moed geskep en gedoen wat Jakob hom te kenne gegee het en weldra het die storm gaan lê; die wilde diere het verdwyn en in Josef se huis het almal hulle weer ter ruste begewe.
|
|
|
|
|