Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die sesdaagse verblyf in die grot - Die instruksie van die engel aan Josef vir die vertrek na Jerusalem vir die voorstelling in die tempel - Maria se droom - Die liefdestryd tussen Josef en Cornelius - Die militêre wag voor die grot

(5 Sept. 1843)

23 So het Josef ses dae in die grot deurgebring en het elke dag besoek van Cornelius ontvang, wat ywerig gesorg het dat dit hierdie gesin aan niks ontbreek nie. 

[2] Vroeg in die oggend van die sesde dag `n het engel aan Josef verskyn en gesê: ”Koop `n paar tortelduiwe en trek op die agtste dag van hier na Jerusalem! 

[3] Maria moet die tortelduiwe ooreenkomstig die wet offer en die Kind moet besny word en die naam kry wat aan u en Maria aangedui is! 

[4] Kom na die besnydenis weer hierheen terug en bly hier so lank tot ek julle sal laat weet, wanneer en waarheen julle van hier moet vertrek!  

[5] Josef, jy sal weliswaar vroeër aanstaltes maak om te vertrek, maar ek moet jou sê: jy sal geen oomblik vroeër van hier weggaan as wanneer dit die wil sal wees van Hom wat by jou in die grot is nie!” 

[6] Na hierdie woorde het die engel verdwyn en Josef het na Maria gegaan en het haar dit meegedeel. 

[7] Maria het met Josef gepraat: ”Kyk, ek is immers altyd `n maagd van die Heer, en dus gebeur met my na Sy woord! 

[8] Ek het vandag egter `n droom gehad en in hierdie droom kom alles voor, wat jy my nou net meegedeel het; dra dus net sorg vir die duiwepaar en dan sal ek op die agtste dag getroos met jou saamgaan na die stad van die Heer!” 

[9] Kort na die verskyning het ook die hoofman juis weer vir `n oggendbesoek gekom en Josef het hom dadelik meegedeel, waarom hy op die agtste dag na Jerusalem sou gaan! 

[10] En die hoofman het Josef dadelik alle moontlike hulp aangebied en wou hom na Jerusalem laat bring. 

[11] Josef het hom daarom vir sy buitengewone goeie wil bedank en gesê: ”Kyk, dit is die wil van My God en Heer, dat ek op dieselfde wyse na Jerusalem trek soos ek hierheen gekom het! 

[12] En dus wil ek die kort reis dan ook so reël, sodat die Heer my nie sal tugtig weens my ongehoorsaamheid nie. 

[13] Maar as u by hierdie geleentheid tog iets vir my wil doen, verskaf my dan twee tortelduiwe wat ons in die tempel moet offer en bewaar hierdie woonplek vir my! 

[14] Want op die negende dag sal ek weer hierheen terugkom en sal daarin net so lank bly soos wat die Heer van my sal verlang!” 

[15] En Cornelius het Josef beloof dat aan al die wense voldoen sal word en het daarop weggegaan en het self vir Josef `n baie nuwe duiwehok vol tortelduiwe gebring, waaruit Josef die mooiste twee moes uitsoek. 

[16] Daarna het die hoofman weer voortgegaan met sy werk en het die duiwehok intussen tot aan die aand in die grot agtergelaat, waar hy dit toe self weer afgehaal het. 

[17] Op die agtste dag, toe Josef na Jerusalem afgereis het, het Cornelius voor die grot `n wag laat plaas wat niemand in en uit laat gaan nie, behalwe die oudste twee seuns wat deur Josef agtergelaat was en Salome, wat hulle voorsien het van iets te ete en te drinke, want die vroedvrou het saam na Jerusalem gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205