Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Maria se kinderlik-onskuldige gesprek met God en die antwoord van bo

4 Toe die engel daarop al spoedig weer verdwyn het, het Maria God die Heer geloof en geprys en met haarself in haar hart gepraat. 

[2] O, wat is ek dan voor U, o Heer, dat U aan my so `n barmhartigheid wil bewys?! 

[3] Ek sal swanger word sonder om ooit `n man te beken het, want ek ken nie eens die verskil tussen my en `n man nie! 

[4] Weet ek eintlik wel wat die beteken: ‘om swanger te wees’?! - O Heer, kyk, ek weet dit immers nie. 

[5] Weet ek wel wat dit beteken, indien mense sê 'dat `n vrou baar'? - O Heer, kyk my genadig aan; ek is immers eers `n meisie van veertien jaar en het daar alleenlik maar net mense hoor praat - en weet daarom inderdaad niks daaroor nie! 

[6] Ag, hoe sal dit met my as armsalige gaan as ek swanger sal wees - en nie weet hoe so `n toestand is nie! 

[7] Wat sal vader Josef daarvan sê, as ek hom vertel en of hy dit dalk sal merk dat ek swanger is?!

[8] Iets erger kan dit tog nie wees om swanger te wees nie en sekerlik nie as `n maagd nie, soos eens Sara, wat deur die Heer Self daartoe uitverkies was?! (Gen. 21:1).  

[9] Want ek het dit immers al dikwels in die tempel gehoor, hoe bly vroue is as hulle swanger is! 

[10] Dus moet swangerskap wel iets baie goeds wees, iets wat mens buitengewoon gelukkig maak en ek sal beslis ook bly wees as dit my deur God vergun word om swanger te wees. 

[11] Maar wanneer, wanneer sal dit gebeur en hoe? Of het dit al gebeur? Is ek al swanger, of moet ek dit nog word?” 

[12] O Heer, U ewige Heilige van Israel, gee aan my, U arme maagd, tog `n teken wanneer dit gaan gebeur, sodat ek U sal kan loof en prys!' 

[13] By hierdie woorde word Maria deur `n ligte asemtog uit die eter aangeraak en `n uiters teer stem praat met haar: 

[14] 'Maria, wees nie onnodig besorg nie; jy het ontvang en die Heer is met jou. Gaan rustig voort met jou werk en maak dit klaar, want in die toekoms sal vir die tempel so-iets nooit meer gemaak word nie!' 

[15] Nou het Maria op haar knieë geval, tot God gebid en Hom vir hierdie barmhartigheid geloof en geprys. - Nadat sy die Heer geprys het, het sy opgestaan en weer haar werk ter hand geneem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205