Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius se antwoord aan die bode - Die aandring van die drie bloeddorstige priesters op goedkeuring van die offer - Die versigtigheid van Cirénius - Die gejammer van die 2000 slagoffers

(14 Nov 1843)

68 Die ylbodes het egter nog steeds op die bevel van Cirénius ten opsigte van die offers gewag. 

[2] Maar Cirénius het van die wieg opgestaan en met die ylbodes gepraat: 

[3] ”Gaan na die priesters en kom terug en bring vir my die lys van die aangewese jong seuns en meisies wat geoffer moet word; 

[4] want ek moet my daarvan oortuig dat die keuses regverdig is!: 

[5] Die ylbodes het weggehardloop, terwyl die storm reeds heeltemal gaan lê het. 

[6] In die stad aangekom, het hulle tot hul ontsetting gevind dat die gebou van die priesters in `n geweldige puinhoop verander het, waaronder, op drie onderpriesters na, alle ander hoëpriesters hulle ondergang gevind het. 

[7] Die ylbodes het daarom dadelik weer teruggekeer en Cirénius die berig gebring oor wat daar met die priesters gebeur het. 

[8] Cirénius, nou volkome oortuig van die korrektheid van die uitspraak van die Kindjie, het nou nie geweet wat hy moes doen nie en wou die Kindjie opnuut om raad vra. 

[9] Maar op daardie oomblik het ook die drie oorgeblewe onderpriesters aangekom; 

[10] hulle het nou ook dringend gevra wat daar gedoen moes word, noudat `n nuwe aardskok alle vrome dienaars van die gode in hulle paleis begrawe het, terwyl hulle al klaar gereed was om die groot offer te bring. 

[11] Die duisend jongmanne en die duisend meisies het alreeds gereed gestaan vir die groot offer op die plein waar die suil van Jupiter staan, wat nou egter ook totaal vernietig is. 

[12] Moes die offer dadelik of eers met sonsopgang plaasvind? 

[13] In elk geval moes die offer deurgaan, omdat die gode andersins weens die ondankbaarheid en die troueloosheid van die mense beslis nog baie erger vertoornd sou kan raak! 

[14] En Cirénius het die drie onderpriesters geantwoord: 

[15] ”Vandag mag die offer in geen geval plaasvind nie, en môreoggend vroeg - met die dood straf, nie voordat ek persoonlik daartoe opdrag gegee het nie!” 

[16] Daarop het die drie onderpriesters Cirénius verlaat en hulleself na die plein begeef, waar die arme slagoffers geween en geweeklaag het en in doodsangs hulle hande tot die gode opgehef en gebid het dat hulle gespaar sou mag word. 

[17] Cirénius kon nouliks die volgende môre afwag, want hy het te veel medelye met die angstige slagoffers, wat so `n afgryslike nag moes deurstaan!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205