|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 205
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die wenende Tullia - Wyse woorde van die Kindjie oor allerlei soorte trane en oor Tullia se jaloesie
(13 Mei 1844)
205 Hoe langer Tullia nou die klein Jesus op haar arms gehad het, des te meer het sy die foute in haar lewe in haarself gesien en sy het van tyd tot tyd baie daaroor geween.
[2] Toe het die Kindjie Hom opgerig en aan Tullia gesê: “My liewe Tullia! Dit geval My weer nie van jou nie, dat jy nou onophoudelik huil, terwyl jy My tog op jou arms het.
[3] Wees nou opgewek en vrolik, want Ek het geen welgevalle aan die trane van mense, as dit vloei waar dit nie nodig is nie!
[4] Dink jy miskien, dat jou trane jou hart voor My van alle sonde sal reinig?
[5] O kyk, dit is dwaasheid! Die trane vloei wel oor jou wange en vertroebel jou oë - wat selfs skadelik is vir jou,
[6] maar hulle vloei nie oor jou hart en reinig dit ook nie; wel sluit hulle dikwels `n hart af, sodat daar nòg iets goeds nòg iets kwaads daarin kan binnekom.
[7] En kyk, dit bring dan ook die dood aan die gees, wat in die hart woon,
[8] want `n treurige mens is steeds `n gekrenkte wese en hierdie wese is nie in staat om iets op te neem nie.
[9] Net drie soorte trane het Ek in die oog van die mens gelê en dit is: Die traan van vreugde, die traan van medelye, en die traan wat die pyn daaruit pers.
[10] Alleenlik dit sien Ek graag, maar die traan van droefheid, die traan van berou en die traan van woede wat ontstaan deur medelye met sigself, is vrugte van die eie grond en bodem en het by My weinig waarde.
[11] Want die traan van droefheid is afkomstig uit `n gekrenkte gemoed en verlang `n vergoeding; kom dit nie, dan verander so `n gemoed maklik in heimlike toorn en ten slotte in `n gevoel van wraak.
[12] Die traan van berou is van soortgelyke oorsprong en kom eers dan na die sonde te voorskyn, as die sonde `n weldadige tugtiging tot gevolg gehad het!
[13] Maar dan is dit geen traan oor die sonde nie, maar net `n traan as gevolg van die tugtiging, en daarom ook oor die sonde, omdat dit die tugtiging tot gevolg gehad het.
[14] Ook hierdie traan verbeter die hart nie, want die mens ontvlug die sonde dan nie uit liefde vir My nie, maar uit vrees vir die straf en kyk, dit is erger as die sonde self!
[15] Maar wat betref die traan van woede, dit is dit nie werd dat Ek daar één woord oor sê nie, want hierdie is `n water wat ontspring uit die grondvesting van die hel.
[16] Hierdie traan bevogtig egter nie jou oog nie, maar wel die traan van berou.
[17] Ek sê vir jou egter: Droog egter jou oë daarvan, want jy sien immers dat Ek geen vreugde daarin skep nie!”
[18] Nou het Tullia haar oë afgedroog en gesê: “O Heer, hoe eindeloos wys en goed is U tog!
[19] O, hoe opgewek en vrolik sou ek kon wees as ek geen sondares was nie,
[20] maar ek het in Rome op bevel van die keiser terwille van die volk aan `n afgod geoffer en hierdie daad knaag soos `n bose wurm aan my hart!”
[21] En die Kindjie het gesê: “Hierdie sonde het Ek jou al vergewe, voordat jy dit begaan het.
[22] Maar jy was afgunstig op My vanweë die liefde van Cirénius; kyk, dit was `n groot sonde! Maar Ek het jou nou alles vergewe en jy het geen sonde meer nie, omdat jy My weer liefhet; wees daarom vrolik en opgewek!”
[23] Toe het Tullia weer heeltemal opgeruimd geword, net soos elkeen in Josef se huis, en almal het hierna aan tafel gegaan vir die aandete.
|
|
|
|
|