|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 226
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Josef se sorge oor die ontbyt - Die leë proviandkamer - Jonathan bring uitkoms met `n groot visvangs
(10 Junie 1844)
226 Die volgende dag was Josef, soos gewoonlik, baie vroeër op die been as enigiemand anders en hy het na buite gegaan om te sien wat vir `n dag dit sou word.
[2] Alle tekens het daarop gedui dat dit `n mooi dag sou wees en hy het weer na binne gegaan en sy seuns gewek, sodat hulle `n goeie ontbyt vir die gaste sou voorberei.
[3] En die seuns het dadelik opgestaan om te kyk welke voorraad die voorraadkamer nog bevat.
[4] Toe hulle die voorraadkamer deursoek het, het hulle dadelik na Josef toe gekom en gesê:
[5] “Luister, liewe vader, u opdrag is wel goed,
[6] maar ons voorraadkamer is gedurende etlike dae so dikwels gebruik, dat die voorraad so min geword het dat dit vir ons gewoonweg onmoontlik is om ook maar vir tien persone daaruit `n maaltyd te verkry.
[7] Gee ons daarom raad waarvandaan ons eetgoed kan kry, dan sal die maaltyd binne `n uur klaar wees!”
[8] Nou het Josef homself agter die oor gekrap en self na die voorraadkamer gegaan en daar die verklaring van sy seuns bevestig gevind, waardeur hy in nog groter verleentheid geraak het.
[9] Hy het gewik en weeg en kon niks vind wat hom uit sy verleentheid sou kon red nie.
[10] Toe Josef daar so nadenkend in die voorkamer gestaan het, het Jonathan uit sy slaapvertrek gekom en het sy ou vriend gegroet en gekus en hom gevra waarom hy dan tog so treurig en nadenkend daar gestaan het.
[11] En Josef het hom dadelik die rede van sy verleentheid laat sien, naamlik die leë voorraadkamer.
[12] Toe Jonathan dit gesien het, het hy aan Josef gesê:
[13] “O My allergeliefde vriend, daaroor hoef jy beslis geen sorge te hê nie.
[14] Kyk, my voorraadkamers is nog heeltemal vol; ek besit nog ongeveer tweeduisend sentenaar* gerookte vis! *(1 Oostenrykse sentenaar = 100 kilogram / 112 pond)
[15] Laat jou seuns daarom dadelik met my saamgaan, dan sal dit oor anderhalfuur in jou voorraadkamer baie anders daar uitsien!”
[16] Hierdie voorstel was `n ware balsem op Josef se hart en hy het dit ook onmiddellik aangeneem.
[17] Daar het nouliks anderhalfuur verstryk of Jonathan en die vier seuns het alreeds met `n groot lading vis daar aangekom.
[18] Die seuns het ongeveer vier sentenaar gerookte vis gebring en Jonathan het drie groot vate vol vars vis en tien groot koringbrode gebring!
[19] Toe Josef hulle so swaar belaai sien aankom het, het hy vol vreugde geword en God vir so `n geskenk gedank en geprys en daarna het hy Jonathan omhels en gekus.
[20] Daarop het dit in die kombuis al spoedig baie lewendig geword.
[21] Die seuns was opgewek besig; Maria en Eudokia het weldra uit hulle slaapkamer gekom om die koeie te gaan melk.
[22] En so was binne `n halfuur al `n ryklike ontbyt berei vir meer as honderd gaste.
|
|
|
|
|