Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 289

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Geselligheid in Josef se huis, waar die bure en hulle kinders dit na hulle sin het - Die kinders op die dakterras - Zenon breek sy nek - Die opwekking van die ontslapene - Getuienis van Zenon oor Jesus - Jesus waarsku Zenon

(27 Aug 1844)

289 Na `n kort tydjie het die liefde die kinders van die bure tog weer na Josef se huis getrek, net soos ook hulle ouers,

[2] veral op die voorsabbatte* (Vrydag), waarop `n mens veral smiddags weinig of glad nie gewerk het nie. * (voorsabbat: dag voor die Sabbat)

[3] Eenkeer op so `n voorsabbat het daar verskeie bure met hulle kinders na hulle toe gekom.

[4] Die meisies het graag die vyf meisies van Cirénius besoek, wat vir hulle goeie geselskap was omdat hulle baie vriendelik, mooi en ywerig was en van alles goeie kennis gehad het.

[5] Vir die jong seuns egter was die liewe, opgeruimde Jesus in elk geval bo alles,

[6] want ten eerste het Hy aan hulle verskillende uitermate sinvolle speletjies gewys wat die jong seuns baie vermaak het;

[7] en ten tweede het Hy hulle dikwels sulke ontroerende verhale in die vorm van gelykenisse vertel, sodat die klein kindertjies aandagtig geluister het.

[8] Hierdie keer egter was die daksolder (daklose vloer van die huis wat met `n balustrade omgewe is) as speelplek gekies, omdat die grond `n bietjie vogtig was as gevolg van `n voorafgaande onweersbui,.

[9] `n Rukkie het dit daar baie rustig daaraan toegegaan, want die klein Jesus het verskeie baie bekoorlike verhale vertel.

[10] Maar toe teen die aand, het dit lewendiger op die solder geword, want Jesus het `n speletjie met `n dobbelsteentjie georganiseer, waarby af en toe gespring moes word.

[11] Onder die twaalf aanwesige jong seuns was daar egter ook `n sekere Zenon; hy was grootdoenerig en wou die spaarpennings van sy medespelers, wat hulle saamgebring het, deur allerlei halsbrekende produksies (en weddenskappe daaroor) van hulle afwen.

[12] Ook nou het hy so `n weddenskap en toertjie in die werk gestel en dit het daaruit bestaan dat hy elf pennings neergesit het, weliswaar teen die wil van die Heer Jesus in,

[13] waarby dit daarom gegaan het dat hy drie keer op die leuning van die daksolder sou kon loop sonder om sy balans te verloor.

[14] As dit hom geluk om drie keer rondom daarop te loop, dan moes die ander elf kinders wat toegekyk het, nog elf pennings by sy eie elf pennings toevoeg;

[15] maar as hy sy balans sou verloor en val, dan sou hy sy elf pennings verloor.

[16] Die ander jong seuns het dit gedoen en Zenon het dadelik op die leuning gespring. Hy het dadelik `n bietjie duiselig geword, sy ewewig verloor en dadelik na benede op die grond geval, sy nek gebreek en bly was sodoende op die plek dood.

[17] Toe het die ouers van die gestorwe jong seun vol verdriet en toorn na bo op die solder gekom en het Jesus gegryp en wou Hom mishandel.

[18] Maar Jesus het Homself van hulle losgeruk, na benede na die gestorwe jong seun ge hardloop en daar baie luid geroep:

[19] “Zenon! Staan op en getuig van My voor jou blinde ouers, of Ek jou na benede gegooi en gedood het!?”

[20] Onmiddellik het die dooie jong seun regop gesit en gesê:

[21] “O Heer! U het my geensins na benede gegooi en gedood nie,

[22] maar my winsbejag en my skandelike haas het daaraan skuld!

[23] Omdat hierdie sonde my gedood het, het U, o Heer, na my toe gekom en weer aan my die lewe gegee.”

[24] Toe die ouers van Zenon hierdie getuienis gehoor het, het hulle onmiddellik voor Jesus op hulle knieë neergeval om God se krag in die Kindjie Jesus te aanbid.

[25] Maar Jesus het egter aan Zenon gesê: “Laat dit `n les vir jou wees en speel voortaan nie meer dergelike speletjies wat die dood kan veroorsaak nie en bedink dat Ek jou dit afgeraai het!”

[26] Zenon en sy ouers het van groot dankbaarheid geween en toe na hulle huis gegaan.

[27] (Dit was terloops `n profetiese verwysing na die latere Judas Iskariot, soos dit maklik te herken is.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205