Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

`n Gesprek oor komete en ongeluks- en oorlogsbodes

(03 Junie 1844)

221 Toe Cirénius die helder komeet deeglik bekyk het, het hy gesê: 

[2] “Voorwaar, dit is werklik `n merkwaardige ster! Dit is die eerste keer wat ek so een sien; 

[3] wel het ek al dikwels van hierdie mistieke ongeluksbodes aan die hemel gehoor.” 

[4] By hierdie opmerking van Cirénius het ook Maronius Pilla daarby gekom en gesê: 

[5] “Beskou dit eenkeer! Die tempel van Janus is nouliks sewe jaar gesluit en elkeen het gesê: 

[6] “Nou sal Rome vir ewig vrede kry!”, want so lank was hierdie tempel nog nooit gesluit gewees nie! 

[7] Maar nou het ons daar alreeds die ontsettende teken voor ons oë, dat die tempel van Janus weer baie gou oopgesluit sal word 

[8] en dat dit op die groot velde van Mars weer lewendig daaraan sal toegaan!” 

[9] Nou het Josef aan Maronius Pilla gevra of hy werklik in alle erns so `n komeet dan egter vir `n oorlogsbode sou hou. 

[10] En Maronius Pilla het baie ernstig gesê: “O vriend, dit is `n absolute waarheid! Ek sê vir jou: Die een oorlog na die ander!” 

[11] En Cirénius het nog daaraan toegevoeg: “Nou is die twee regse groepe eenkeer bymekaar! 

[12] Josef hang nog altyd sterk aan sy Moses en Maronius Pilla kan nie loskom van sy ou heidense bygeloof nie!” 

[13] Maar Josef het gesê: “Hooggewaardeerde broer en vriend Cirénius! Ek glo dat Moses altyd nog beter is as die Janustempel in Rome!” 

[14] En Cirénius het gesê: “Ongetwyfeld! Maar as `n mens die Heer Self, JaHWeH Self in Sy volheid het, dan vind ek, dat sowel Moses en die dom Janus maar mooi op die agtergrond moet tree en wel eens en vir altyd! 

[15] Die komeet skyn volgens ou, ongegronde sages wel `n ongeluksbode te wees, 

[16] maar ek glo dat ons Heer en allerliefste Jesus in Sy Goddelike volheid ook wel `n Heer oor hierdie vermoedelike meester van die ongeluk sal wees! Is jy dit nie met my eens nie?” 

[17] En Josef het gesê: “Dit sekerlik; maar daarom kan Moses tog nie met Janus van Rome vergelyk word nie, ook nie noudat die Heer hier aanwesig is nie!” 

[18] Cirénius sê: “Dit wil ek ook nie doen nie, maar as ek die Heer het, dan is Moses en Janus my om’t ewe!” 

[19] Nou het die Kindjie aan Cirénius gesê: “Bly daarby! 

[20] Want waarlik, waar dit gaan om die oneindigheid, daar verdwyn alle groothede en tel die nul ewe veel as `n miljoen!” 

[21] Hierdie antwoord van die Kindjie het aan Josef `n klein skok besorg en hy het nie meer voor Cirénius `n woord vir Moses gedoen nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205