|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 50
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die verhoor van die landvoog deur Cirénius - Poging van die landvoog om die saak in `n beter lig te stel - Gewetensvraag van Cirénius aan Maronius, sy bekentenis en veroordeling
50 Na hierdie woorde van Cirénius het vir Maronius Pilla `n klip van die hart geval; sy hart begin rustiger te klop en hy was spoedig weer in staat om Cirénius te woord te staan.
[2] En toe Cirénius gesien het dat Maronius Pilla herstel het, het hy hom soos volg gevra:
[3] ”Ek besweer jou om my op my vraag gewetensvol te antwoord! Want met elke uitvlug sal jy jou tereg my misnoeë op die hals haal!
[4] Sê my, ken jy die gesin, waarvan die eersgebore kind die sogenaamde nuwe Koning van die Judeërs sou wees?”
[5] Maronius Pilla het geantwoord: ”Ja, ek ken hulle persoonlik volgens die bekendmaking van die Joodse priesters in Jerusalem! Die vader heet Josef en is `n timmerman wat `n goeie reputasie het in geheel Judea en in die helfte van Palestina, en wat naby Nasaret gevestig is.
[6] Sy regskapenheid is in die hele land en ook in die hele Jerusalem bekend. Hy moes ongeveer elf maande gelede `n volwasse geworde meisie uit die Joodse tempel onder sy sorg neem, ek glo deur `n soort loting.
[7] Die meisie het waarskynlik tydens die afwesigheid van hierdie opregte timmerman ietwat te vroeg hulde betoon aan Venus*, en swanger geword, waardeur hierdie man na my wete groot moeilikheid met die Joodse priesterdom moes deurstaan. * (godin van die liefde)
[8] In soverre is hierdie saak aan my goed bekend; maar oor die bevalling van die meisie, het hierdie man, om die skande te ontwyk van sy vriende hulp gehad, en moes haar nog voor die bevalling tot vrou neem - het hy buitengewone fabelagtige verhale onder die volk versprei en `n mens kan daaroor geen duidelikheid verkry nie.
[9] Sy het geboorte geskenk by geleentheid van die volkstelling te Betlehem en wel in `n stal; soveel het ek uitgevind.
[10] Al die ander feite is vir my volledig onbekend; dit het ek ook aan Herodus gesê.
[11] Hy het egter gemeen dat Cornelius, die gesin wat deur die Perse teenoor hom (Herodus) verdag gemaak is, êrens onder die volk wou verberg om hom sy leenheerskapstroon te betwis, omdat hy goed weet, dat u broer geen vriend van hom is nie.
[12] Daarom het hy ook sy toevlug tot hierdie eksentrieke wreedheid gewend, om daardeur veeleer die plan van Cornelius te verydel as om hierdie nuwe Koning in die hande te kry.
[13] Hy het hierdie wraaksugtige kindermoord dus meer uit wraak teenoor u broer as uit vrees vir die nuwe Koning bedryf. Dit is vir die oomblik alles, wat ek u oor hierdie merkwaardige gebeurtenis kan sê.”
[14] En Cirénius het daarop geantwoord: ”Tot dusver maak ek uit jou woorde uit, dat jy wel die waarheid gespreek het; maar dat jy daarby ook in `n sekere sin Herodus skoon sou wil was, het my geensins ontgaan nie.
[15] Ek sê vir jou egter: Die daad van Herodus laat homself, soos ek geskryf het, deur niks verontskuldig nie!
[16] Want ek sal jou vertel, waarom Herodus hierdie alleronmenslikste wreedheid begaan het.
[17] Luister! Herodus is self die mees heerssugtige mens, wat ooit deur hierdie aarde gevoed is.
[18] As hy sou kon en ook maar enigsins oor die mag daartoe sou beskik, dan sou hy vandag nog met ons Romeine, Augustus nie uitgesonderd nie, dit doen, wat hy met die onskuldige kinders gedoen het! Verstaan jy my?
[19] Hy het hierdie kindermoord alleen maar onderneem, omdat hy van mening was om aan ons Romeine daarmee `n belangrike diens te bewys en homself daardeur dan as `n egte Romeinse patriot voor te doen, sodat die keiser aan hom ook nog my amp naas sy eie leenvorstedom sou toevertrou,
[20] waardeur hy net soos ek vice Caesaris* onbeperk oor `n derde deel van die hele Romeinse mag sou kon beskik en homself daardeur ook geheel vry en onafhanklik van Rome sou kon maak, om alleenheerser oor Asië en Egipte te wees. * (as verteenwoordiger van die keiser)
[21] Verstaan jy my? - Kyk, dit is aan my die goed bekende plan van hierdie ou monster en soos ek hom ken, so ken Augustus hom nou ook!
[22] Nou vra ek jou, met jou lewe as borg vir die waarheid wat jy my moet meedeel, of jy van die plan van Herodus geweet het toe hy jou as sy skandelikste werktuig gehuur het.
[23] Spreek, maar bedink dat elke onware, ontwykende woord jou hier die lewe sal kos! Want van hierdie saak is aan my elke detail noukeurig bekend.”
[24] Nou het Maronius Pilla opnuut lykbleek geword en gestotter: ”Ja, u het gelyk, ek het ook geweet wat Herodus in die skild gevoer het!
[25] Maar ek was bang vir sy sluwe gees vol van intriges en moes doen wat hy gevra het om hom geen rede te verskaf tot nog groter intriges nie.
[26] Maar so goed as ek hom nou deur u leer ken het, so goed het ek hom nog nie vroeër deursien nie, andersins sou hy nou nie meer geleef het nie!”
[27] ”Goed,” het Cirénius gesê, ”Ek skenk jou in die naam van die keiser weliswaar jou lewe, maar in jou amp sal ek jou nie weer terugplaas nie, totdat jou siel genees is van `n ernstige siekte! By my hier word jy versorg, jou funksie word voorlopig deur my broer Cornelius vervul; want weet, ek vertrou jou nie meer nie! Daarom bly jy hier, totdat jy gesond is!”
|
|
|
|
|