Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Tullia ontwaak uit haar diep slaap en Cirénius vertel wat daar gebeur het ~ Blye ontmoeting en weersien met die heilige familie

(09 Feb 1844)

137 Tullia het eers uit `n verkwikkende slaap ontwaak, toe daar in die slaapkamer geen spoor meer te sien was van alles wat daar gedurende hierdie nag voorgeval het nie. 

[2] Cirénius het haar gevra of sy wel heeltemal rustig geslaap het. 

[3] En Tullia het hom dit verseker, daar sy baie vermoeid was van die bergtog. 

[4] Cirénius het gesê: “Dit was `n groot geluk vir jou! 

[5] Want as jy vannag wakker sou gewees het, dan sou jy groot angs uitgestaan het! 

[6] Want kyk, `n uur gelede was hierdie selfde kamer `n toneel van verskrikking!” 

[7] Vol verbasing het Tullia nou aan Cirénius gevra wat daar dan wel gebeur het, en wat daar voorgeval het.  

[8] En Cirénius het aan Tullia die drie leeus gewys en sy stem verhef toe hy gepraat het: 

[9] ”Tullia, kyk, dit is tog drie verskriklike diere! Hulle is konings van die dierlike krag, woede en wreedheid as hulle kwaad gemaak word; 

[10] en wee daardie wandelaar in die wildernis waar hulle woon! 

[11] Niks kan hom teen hulle woede beskerm nie! `n Sprong en die mens lê verskeurd in die gloeiende stof van die woestyn! 

[12] En tog is daar mense, vergeleke waarmee hierdie diere geniale hemelse wesens is! 

[13] So het hierdie drie verskeurende diere ons beide vannag beskerm teen die raserny van mense en het twintig muiters in hierdie kamer verskeur!” 

[14] Tullia het haar hewig ontstel oor hierdie verhaal van haar gemaal en gesê: 

[15] ”Hoe het dit dan gebeur? Waarom het ek niks daarvan af geweet nie? As jy daar vroeër iets van geweet het, waarom het jy my daar dan niks van vertel nie?” 

[16] En Cirénius het gesê: “Tullia, Ek het wel geweet dat daar vannag iets sou gebeur, 

[17] maar om presies te wees: Ek het nie geweet nie op welke manier nie, want ek het net soveel geweet as wat die Goddelike Kind van my vriend my meegedeel het. 

[18] Dat ek jou egter daarvan niks vertel het nie, lê in my groot liefde vir jou, vroutjie van my hart! 

[19] En kyk, nou is alles verby! Die God van Israel het ons wonderbaarlik van `n smadelike ondergang gered, 

[20] waarvoor ons Hom dan ook ons lewe lank wil liefhê loof en prys vanuit die diepste van ons hart! 

[21] Maar laat ons nou, daar jy alreeds aangetrek het, die verhewe gesin tegemoet gaan, sodat ons hulle nog voor die stadspoort kan verwelkom!” 

[22] Cirénius het nou aan sy dienaars opgedra om alles vir die aanstaande fees voor te berei en te reël,  

[23] en het aan die verraderlike dienaar bevel gegee om hom na die stadspoort te volg. 

[24] Op dieselfde oomblik egter het Maronius met die drie priesters uit `n ander deel van die kasteel na buite gekom en Cirénius meegedeel, dat die verhewe familie al naby die kasteel was. 

[25] Toe het Cirénius alles in die steek gelaat en met kloppende hart sy vriend Josef tegemoet gehardloop, wat hom met Maria, met die Kind en met sy hele hemelse gevolg al onderaan die trap met uitgestrekte arms tegemoet gekom het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205