Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Eudokia se verlange na opheldering oor die Kind - Maria maan tot geduld - Die Kind Jesus op die arms van Eudokia en met haar in gesprek

(02 Jan 1844)

106 Eudokia het nou aan Maria gevra hoe dit gekom het, dat die Kindjie met so `n wonderkrag vervul was en van so `n uiters Goddelike aard. 

[2] En hoe het dit gekom, dat Cirénius nou so sterk afhanklik was van die woorde van die Kindjie. 

[3] En Maria het op die lieftalligste toon geantwoord: ”Liewe Eudokia! Kyk, mens kan alles nie gou doen nie. 

[4] Elke ding het sy tyd en tydsduur; met die liewe geduld kom ons die verste! 

[5] As jy eers `n tydjie by my deurgebring het, dan sal jy alles te wete kom; glo voorlopig net dat hierdie Kind groter is as alle helde en gode van Rome! 

[6] Het jy nie eergister die enorme krag van die storm opgemerk nie?! 

[7] Kyk, dit is veroorsaak deur die magtige hand van Hom, wat Tullia nog daar liefkoos! 

[8] En kyk, wat die geweld van hierdie storm met die tempels in die stad gedoen het, sou dit ook met die hele aarde kon doen! 

[9] Nou weet jy voorlopig genoeg, en terwille van jou heil mag jy nie meer weet nie; 

[10] maar as jy egter ryper word, dan sal jy ook meer te wete kom! 

[11] Daarom vra ek jou dan ook terwille van jou heil om hieroor teenoor elkeen te swyg; en sou jy wel daaroor praat, dan sal jy geoordeel word!” 

[12] Hierdie woorde van Maria het Eudokia gerusgestel en sy het begin om by haarself diep na te dink oor wat sy van Maria gehoor het. 

[13] Maria het egter na Tullia toe gegaan en het die Kindjie uit haar arms geneem en aan haar gesê: 

[14] ”Kyk, hierdie Seuntjie van my het jou al geseën en jy sal daarom vir altyd gelukkig wees! 

[15] Maar daar is die arme Eudokia; wat tot nou toe nog nie die eindelose groot weldaad van die seën van die Kindjie ondervind nie! Daarom wil ek Hom ook in die arms van Eudokia lê, sodat sy gewaar word welke mag daar van die Kindjie uitgaan!” 

[16] Daarop het Maria die Kindjie na Eudokia gedra en aan haar gesê: 

[17] ”Dit, Eudokia, is my en jou heil! Neem Hom vir `n kort rukkie in jou arms en voel, hoe soet dit is om moeder van so `n Kind te wees!” 

[18] Met groot eerbied het Eudokia die Kindjie in haar arms geneem; 

[19] maar sy was bang vir die geheimsinnige Kind en sy het dit nouliks durf waag om te beweeg. 

[20] Maar die Kindjie het geglimlag en gesê: ”O Eudokia, wees nie bang vir My nie, want Ek wil jou nie ten gronde rig nie, maar jou Heiland wees! 

[21] In `n kort tydjie sal jy My wel beter leer ken as wat jy My nou ken! 

[22] Dan sal jy nie langer bang vir My wees nie, maar My liefhê, soos Ek jou liefhet!” Hierdie woorde het die vrees van Eudokia weggeneem en sy het begin om die Kindjie nou te liefkoos en aan haar hart te druk.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205