Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die effek en die gevolge van hierdie brief- Die teenaanval van Herodus - `n Tweede brief van Cirénius aan Herodus

(18 Okt 1843)

48 Die landvoog van Jerusalem en Herodus was hewig ontsteld deur hierdie brief van Cirénius, dit het `n einde aan sy gruwelike misdrywe gemaak en boodskappe is na Tyrus gestuur, wat Cirénius moes meld om welke belangrike redes hulle dit gedoen het. 

[2] In die deurdringendste kleure het hulle die gesantskap van die Perse wat in elk geval altyd glibberig was, geskilder en selfs beweer dat hulle belangrike, geheime spore ontdek het, dat selfs Cirénius se broer Cornelius as aanvoerder ook betrek sou wees in hierdie geheime, volledige Asiatiese sameswering. 

[3] Want die mense het onthou dat Cornelius hierdie nuwe koning van die Judeërs onder sy beskerming geneem het. 

[4] En Herodus was nou van plan om boodskappers na Rome te stuur, as Cirénius nie vir hom waarborg sou gee nie! 

[5] Cirénius moes daarom Cornelius aan `n streng ondersoek onderwerp - andersins word die berig onvermydelik aan die keiser versend! 

[6] Hierdie teenmaatreël, wat Cirénius verneem toe hy alweer terug was in Tyrus, het hom aanvanklik verbaas, 

[7] maar deur die Goddelike Gees gelei, het hy sy ewewig dadelik herwin en het die volgende reëls aan Herodus geskryf: 

[8] ”Hoe lui die geheime wet van Augustus vir die ontdekking van komplotte in elke geval? Dit lui soos volg: ”As iemand een of ander geheime komplot ontdek, moet hy homself so rustig moontlik gedra en alles onmiddellik uitvoerig aangee by die hoogste owerheidsinstansie van die land! 

[9] Nòg `n spesiale landvoog, nòg minder `n leenheer mag ook maar `n vinger uitsteek na die swaard sonder die uitdruklike bevel van die opperste staatsgesag, wat eers alles goed moet ondersoek. 

[10] Want nooit kan `n ontydige aanval `n groter skade vir die staat teweegbring as juis op hierdie punt nie, 

[11] omdat die komplot homself daardeur teruggetrek het en sy beplande oproer nog listiger toedek, om daarna onder gunstiger omstandighede, sonder om sy doel te mis, meer effektief te voorskyn te kom!” 

[12] Dit is dan in hierdie uiterste belangrik opsig die hoogste gebod by monde van die baie wyse keiser! 

[13] Het u daarvolgens gehandel? - My broer Cornelius het daar wel na gehandel! Hy het homself van die sogenaamde nuwe koning van die Judeërs onmiddellik Heer gemaak, 

[14] het Hom onder my gesag geplaas en ek het daarom die korrekte maatreëls getref kragtens die mag wat my oor Asië en Egipte toekom. 

[15] My broer het dit alles aan u bekend gemaak, - maar hy praat met dowe ore. 

[16] En `n egte rebellie het julle teen alle protestering van my broer in die kindermoord onderneem en bowendien parmantig nog van my durf verlang, dat ek julle sou ondersteun! Beteken dit dat die keiserlike wet gehandhaaf word? 

[17] Maar ek sê aan julle: Die keiser is reeds volledig op hoogte gebring en het my die volmag gegee om die landvoog van Jerusalem af te sit, hoewel hy familie van my is en Herodus `n boete op te lê van tienduisend pond goud. 

[18] Die afgesette landvoog moet homself binne vyf dae by my aanmeld en Herodus moet sy boete binne op die meeste dertig dae hier volledig kom vereffen, anders sal sy leenregte vervalle verklaar word! Fiat*! *(Laat dit so wees!)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205