Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef beloof om `n offer te bring - Beswaar en verwysing van die Kindjie na die God se mees welgevallige offer – Josef se bedenking daarteen en die ontkragtiging daarvan deur die Kindjie

(09 Des 1843)

89 Daarna het Josef dadelik met sy hele gesin na die slaapkamer gegaan en God ongeveer `n uur lank hardop geloof en geprys 

[2] en het ook `n gelofte gemaak, as gevolg waarvan hy homself verplig het om aan die Heer `n offer te bring, sodra hy weer na Jerusalem sou gaan. 

[3] Maar die Kindjie het aan Josef gesê: “Luister na My! Dink jy dat die Heer daarin behae sou skep? 

[4] O, dan vergis jy jou geweldig! Kyk, aan brandoffers, nòg aan die bloed van diere, net so min as aan meel, olie of koring het God `n welbehae, 

[5] maar alleen aan `n berouvolle, boetvaardige en deemoedig hart, wat Hom bo alles liefhet. 

[6] As jy egter iets oor het, gee dit dan aan diegene wat naak, hongerig of dorstig is, dan sal jy aan God `n egte offer bring! 

[7] Ek onthef jou daarom van jou gelofte en die verpligting teenoor die tempel en wel omdat Ek die volledige mag daartoe het. 

[8] Eens sal Ekself in Jerusalem jou gelofte op sodanige wyse vervul, dat daardeur die algehele aarde vir alle ewigheid versadig sal word!” 

[9] Josef het die Kindjie in sy arms opgeneem, Hom gekus en toe aan Hom gesê: 

[10] ”Jy My allerliefste klein Jesus, Jou Josef dank Jou daarvoor weliswaar van ganser harte en hy erken die volledige heilige waarheid van Jou wonderlike uitspraak, 

[11] maar kyk, God, Jou en ons almal se Vader, het nogtans deur Moses en die profete dit verorden en ons, Sy kinders, beveel om dit te onderhou! 

[12] O, sê dit my: Het Jy, my seuntjie, hoewel van Goddelike, gewyd-wonderbaarlike afkoms, wel die reg om die wette van die groot Vader, wat ewig in Sy hemele woon, op te hef?” 

[13] En die Kindjie het gesê: ”Josef, al sou Ek jou ook sê wie Ek is, dan sou jy van My dit tog nie glo nie, terwyl jy in My net `n mensekind sien! 

[14] Maar nogtans sê Ek jou: Daar, waar Ek is, daar is ook die Vader; daar, waar Ek egter nie is nie, daar is die Vader ook nie! 

[15] Ek is nou egter hier en nie in die tempel nie; hoe sou die Vader dan in die tempel wees?! 

[16] Verstaan jy dit? Kyk, waar die liefde van die Vader is, daar is ook Sy hart; in My is die liefde van die Vader en dus ook Sy hart! 

[17] Niemand dra sy hart buite homself nie, dus ook nie die Vader nie; daar, waar Sy hart is, daar is Hy ook! - Verstaan jy dit alles?” 

[18] Hierdie woorde het sowel Josef as Maria en die vyf seuns met `n diepe en heilige vermoede vervul. En hulle het daarna na buite gegaan en in hulle hart die Vader geloof, wat so naby was; Maria het daarna met die bereiding van `n oggendmaaltyd begin.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205