Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

MARIA WORD JOSEF SE VROU

Die twyfel van die hoëpriester oor Maria se toestand - Aanhouding en verhoor van Maria en Josef - Josef se klag en twis met God - Doodsvonnis oor Josef en Maria en sy regverdiging deur `n Goddelike oordeel - Maria word Josef se vrou

11 Die hoëpriester het homself `n rukkie gegun om na te dink en het as volg met homself gepraat: ”Wat moet ek doen? Annas is vol jaloesie oor die keuse van die maagd en `n mens moet nooit volgens die raad van `n jaloerse man handel nie. 

[2] Maar as dit met Maria tog werklik so sou wees en ek sou hierdie aangeleentheid as iets onbelangriks behandel het, wat sal die seuns van Israel dan wel sê en watter rekenskap sal hulle dan van my eis? 

[3] Ek sal daarom tog in die geheim `n paar dienaars na Josef stuur, wat die meisie saam met Josef dadelik hierheen moet bring, ingeval hierdie ernstige saak bevestig sou word!” 

[4] So is daar gedink en besluit; die hoëpriester het in die geheim vertroude dienaars geroep en aan hulle meegedeel, wat homself in die huis van Josef afgespeel het en het hulle na Josef toe gestuur met die aanwysing, hoe hulle moes handel ingeval die saak bevestig sou word. 

[5] En die dienaars het hulleself met spoed na Josef toe begewe en het alles gevind soos die hoëpriester dit aan hulle beskryf het. 

[6] En die oudste van hulle het aan Josef gesê: ”Kyk, ons is deur die tempel hierheen gestuur om vas te stel hoe dit met die meisie gesteld is, want die hoëpriester het bose gerugte oor haar te hore gekom! 

[7] Ongelukkig het ons die treurige vermoedens bevestig gesien; sorg dat ons geen geweld hoef te gebruik nie en volg ons met Maria na die tempel, waar jy uit die mond van die hoëpriester die regverdige oordeel sal verneem!” 

[8] En Josef het dadelik sonder teenspraak saam met Maria die dienaars gevolg om in die tempel voor die gereg te verskyn. 

[9] Toe hy daar voor die hoëpriester verskyn het, het die verbaasde hoëpriester onmiddellik op ernstige toon aan Maria gevra: 

[10] “Maria! Waarom het jy ons dit aangedoen en kon jy jou siel so geweldig verlaag? 

[11] Jy het die Heer, jou God vergeet, jy, wat opgevoed is in die Allerheiligste en wat jou daaglikse brood uit die hand van `n engel ontvang het, 

[12] en te alle tye sy lofsange gehoor het en vrolik was, jy het gespeel en gedans voor JaHWeH se aangesig! - spreek, waarom het jy ons dit aangedoen?” 

[13] Maar Maria het begin om bitterlik te ween en al snikkend en huilend het sy gepraat: “So waar as God, die Heer van Israel, leef, so waar is ek ook rein en het nog nooit `n man beken nie! - Vra dit aan Josef wat deur God uitverkies is!” 

[14] En die hoëpriester het homself daarop tot Josef gewend en hom gevra: ”Josef, ek besweer jou in naam van die ewig lewende God: sê dit my onomwonde, hoe het dit gebeur? Het jy dit gedoen?” 

[15] En Josef het gesê: ”Ek sê u by alles wat vir u en my gewyd is, so waar as wat die Heer, My God leef, so waar ek ook rein is, sowel teenoor die meisie as teenoor u en God!” 

[16] En die hoëpriester het geantwoord: ”Spreek geen valse getuienis nie, maar sê die waarheid voor God! Ek sê jou egter: Jy het jou huwelik gesteel, het die tempel nie daarvan in kennis gestel nie en jy het nie tevore jou hoof gebuig onder die hand van die ewige Magtige nie, sodat Hy jou saad kon geseën het. Spreek daarom die waarheid!” 

[17] Josef was egter verstom oor hierdie woorde van die hoëpriester en kon geen woord uitbring nie; want hy is te bitter en onregverdig deur die hoëpriester beskuldig. 

[18] Omdat Josef in diep swye voor die hoëpriester gestaan het en nie kon praat nie, het die hoëpriester weldra weer sy mond geopen en gepraat. 

[19] ”Gee aan ons die maagd terug soos jy haar uit die tempel van die Heer ontvang het; sy was so rein soos die opgaande son op `n stralende oggend!” 

[20] In trane versmelt het Josef daar gestaan en na `n diep sug gepraat: 

[21] 'Heer, God van Abraham, Isak en Jakob, wat het ek, arme grysaard, teenoor U dan so boos gedoen, dat U my nou so geweldig slaan?! 

[22] Neem my weg van hierdie wêreld, want dit is te hard vir iemand wat voor U en voor die wêreld altyd in geregtigheid leef om sulke smaad te moes ly! 

[23] My vader Dawid het U getugtig, omdat hy teen U gesondig het. 

[24] Maar ek het my nog nooit aan `n mens versondig en my vergryp aan `n ander mens se goed nie, nog aan `n dier, en het die wet altyd nougeset in ag geneem; o Heer, waarom slaan U my dan? 

[25] O, toon my waar ek gesondig het teen U en ek sal graag die straf van die vuur ondergaan! Maar as ek gesondig het teen U, dan - vervloek is die dag en die uur, waarop ek gebore was!” 

[26] Die hoëpriester het deur hierdie woorde van Josef verbitterd geword en in groot opgewondenheid van sy gemoed gepraat: 

[27] ”Wel, daar jy jou duidelike skuld voor God betwis, laat ek julle beide die vervloekte water van God die Heer laat drink en julle sonde sal voor julle oë en voor die oë van die hele volk openbaar word!” 

[28] En die hoëpriester neem dadelik die vervloekte water en laat Josef daarvan drink en stuur hom daarna volgens die wet na `n daartoe bestemde gebergte, wat naby Jerusalem was. 

[29] En desgelyks het hy ook aan die maagd van die water gegee om te drink en het haar daarna ewe-eens na die gebergte gestuur. 

[30] Na drie dae het albei egter heeltemal ongedeerd teruggekom en almal was verbaas daaroor, dat geen sonde aan hulle sigbaar geword het nie. 

[31] Die hoëpriester het nou self buitengewoon verbaas tot hulle gespreek: ”As God die Heer julle sonde nie openbaar wil maak nie, dan wil ek ook julle nie veroordeel nie, maar spreek julle dus vry van skuld! 

[32] Maar omdat die meisie wel swanger is, moet sy dan as boete jou vrou wees, omdat sy swanger geword het sonder dat ek daarvan tevore op hoogte gestel was en sy sal nooit meer `n ander man mag trou nie, al sou sy ook `n jong weduwee word! So is dit! - En gaan nou weer heen in vrede!” 

[33] Josef het Maria nou tot vrou geneem en met haar na sy woonplek gegaan en was vervul van vreugde en het sy God geloof en geprys. En sy vreugde was nog groter, omdat Maria nou sy wettige vrou geword het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205