Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 236

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Nederige en hartlike woorde van die vier broers aan die Kindjie - Sy Goddelike antwoord aan Sy broers

(21 Junie 1844)

236 En die vier seuns van Josef het dadelik na die eetkamer gekom, ook dadelik daar neergekniel, hulle skuld erken en daarna hulle bejaarde vader Josef om vergewing gevra. 

[2] Daarop het Josef hulle vergewe en het sy oordeel herroep. 

[3] Hy het daarop aan die viertal gesê: “Ek het julle wel vergewe, 

[4] maar ek was daarby ook die minste beledig, 

[5] maar hier is die Kindjie van wie julle aan my grootste ergernis gesê het, 

[6] dat Hy baie verwen sou wees en daardeur soms vol grille is, omdat vir Hom dan niks reg en goed genoeg sou wees nie. 

[7] Julle het Hom daardeur grof beledig! 

[8] Gaan dus na Hom toe en vra veral Hom om vergewing, anders kan dit met julle sleg gaan!” 

[9] Toe het al vier voor die Kindjie gaan staan en aan Hom gesê: 

[10] “O ons liewe Broertjie! Ons het Jou ten onregte beskimp teenoor ons vader 

[11] en het hom daardeur erg vertoorn, sodat hy ons daarop byna moes vervloek. 

[12] Ons het baie ernstig teen Jou en ons goeie vader Josef gesondig.

[13] Sal Jy, liewe Broertjie, ons hierdie growwe sonde wel ooit kan vergewe? Sal Jy ons weer tot Jou broers verhef?” 

[14] Nou het die Kindjie baie vriendelik vir die vier smekelinge geglimlag, Sy sagte armpies uitgestrek en met trane in Sy Goddelike oë gesê: 

[15] “Staan op, liewe broers van My en kom hier, sodat Ek julle kan kus en seën! 

[16] Want waarlik, waarlik, wie soos julle na My toe kom, hom sal alles vergewe wees, al het hy ook meer sondes as wat daar sand in die see en gras op die aarde is! 

[17] Waarlik, waarlik, nog voordat hierdie aarde gegrondves was, het Ek hierdie sonde al in julle gesien en het julle dit ook alreeds heelwat vroeër vergewe, voordat julle nog daar was. 

[18] O liewe broers van My, wees tog nie enigsins angstig om My ontwil nie, want Ek het julle almal immers so lief, dat Ek selfs uit liefde vir julle eendag liggaamlik sal sterf! 

[19] Julle moet daarom geen vrees vir My hê nie, want waarlik, al sou julle My ook gevloek het, dan sou Ek julle nog nie geoordeel het nie, maar Ek sou geween het oor die hardheid van julle harte! 

[20] Kom dus hier, My liewe broers, sodat Ek julle seën, omdat julle My `n bietjie beskimp het!” 

[21] Hierdie eindelose goedheid van die Kindjie het die viertal se harte gebreek, sodat hulle soos klein kindertjies geween het. 

[22] Ook die ander tafelgenote was hierdeur soseer ontroer, dat hulle hulle trane nie kon bedwing nie. 

[23] Maar die Kindjie het Hom opgerig, Self na die viertal toe gegaan en hulle geseën en gekus en toe aan hulle gesê: 

[24] “Nou, liewe broers, sal julle tog wel merk, dat Ek julle alles vergewe het? 

[25] Maar Ek vra julle: “Gaan nou na die kombuis en bring vir ons almal `n beter vis! 

[26] Want voorwaar, Ek het werklik nog honger, en kan nogtans nie hierdie vis nie eet nie, wat julle vroeër vir ons voorberei het!” 

[27] Nou het die viertal dadelik opgestaan, die uiters goeie Kindjie gekus en toe uiters ontroer vinnig na die kombuis geloop om in die kortste moontlike tyd, die allerbeste vis vir die tafel van Josef voor te berei.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205