Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 288

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die gedagtes van die onderwyser oor die Seun - Jesus waarsku die onderwyser - Jesus, `n lig vir die heidene en `n oordeel vir die Judeërs! - Die onderwyser slaan op die vlug

(26 Aug 1844)

288 `n Volle uur het Piras Saggéüs oor die woorde van die Kindjie nagedink, maar hy het nie die fondament gevind nie.

[2] “Wat kan hierdie jong Seun dan tog wees?” het hy herhaaldelik aan homself gesê.

[3] “Sou Hy dalk EliJaH kon wees, wat nog `n keer moet kom?

[4] Of is Hy Samuel of een of ander herrese groot profeet?

[5] Hy is in Betlehem gebore en geen profeet kom daarvandaan nie!

[6] Wel moet die Messias daarvandaan kom!

[7] Is hierdie jong Seun dan miskien die Messias Self?

[8] Hy moet uit die stam van Dawid wees! Josef is na bewering immers `n egte nakomeling van Dawid,

[9] weliswaar sonder `n geloofwaardige streng bewys.

[10] Daar is skynbaar baie vir die saak te sê;

[11] maar wie kan so-iets sonder geskiedkundige bewyse as vasstaande aanneem en glo?

[12] En tog is `n mens vanweë die jong Seun byna genoodsaak om dit te aanvaar.

[13] Maar die Romeinse vrystellingsbrief praat weer heeltemal daarteen,

[14] want die Messias sal tog `n groot vyand van die Romeine moet wees!

[15] Maar hoe kan Hy dit nou wees by so `n vriendskap met die Romeine, wat Hom tot hulle burger gemaak het?

[16] So kan Hy mettertyd wel `n groot veldheer van Rome word, `n Messias vir die heidene,

[17] maar vir ons `n tweesnydende swaard wat ons ten gronde sal rig!

[18] As ek dit aan die owerpriesters sou meld, dan sou dit vir my werklik groot voordele kon oplewer!”

[19] Op daardie oomblik het die Kindjie weer met Jakob die tuin ingekom, na die onderwyser toe gegaan en aan hom gesê:

[20] “Piras Saggéüs! Laat u lus vaar om My voortydig aan die owerpriesters te openbaar,

[21] want by die derde stap sal die dood u al ingehaal het!

[22] U het My mag reeds leer ken, laat dit `n goeie vermaning vir u wees!

[23] Wat u egter aan uself gesê het oor `n Messias vir die heidene, het `n grondige rede;

[24] want so sal dit ook wees: `n Lig vir die heidene en `n oordeel vir die Judeërs en alle kinders van Israel!”

[25] Nou het die onderwyser ergerlik geword en hy het gesê: “As dit so is, gaan dan van ons weg en trek na die heidene!”

[26] Maar die Kindjie het gesê: “Ek is `n Heer en doen wat Ek wil; en u is nie iemand wat iets daaromtrent te doen (beveel) het nie!

[27] Swyg daarom en gaan hier weg, anders sal u My nog dwing om u te slaan!”

[28] Toe Piras Saggéüs dit van die Seuntjie gehoor het, het hy vinnig opgestaan en daarvandaan na die stad weggevlug.

[29] So is Josef daardeur van `n lastige gas verlos en kon hy weer met sy werk voortgaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205