|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 35
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die heilige familie by Cirénius – Josef se gesprek met Cirénius - Cirénius, die kindervriend, en die Kindjie - Innerlike en uiterlike teken van die goddelikheid van die Kindjie
(28 Sept. 1843)
35 Josef het na buite gegaan en sy gesin na die huis gebring, waar Cirénius gewoon het en hy het dadelik aan sy dienaars opdrag gegee om Josef se lasdiere te versorg.
[2] Hy het Josef met Maria en sy vyf seuns en na sy mooiste kamer gebring, waar alles geskitter het van edelstene, goud en silwer.
[3] Daar het op `n wit, pragtig gepoleerde marmertafel `n aantal beelde van ongeveer `n voet hoog, mooi gevorm uit Korintiese erts, gestaan.
[4] En Josef het die landvoog gevra, wat die figure voorstel.
[5] Die landvoog het baie vriendelik gesê: ”Goeie man, wel, dit is ons gode! Ons word deur Rome wetlik verplig om hulle te koop en neer te sit, ook al glo ons glad nie daarin nie.
[6] Ek beskou hulle slegs as kunswerke en beskou ek dit ook as die enigste geringe waarde van hierdie afgodsbeelde, maar verder kyk ek altyd met geregverdigde veragting daarna.”
[7] Daarop het Josef aan Cirénius gevra: ”Wel, as u so dink, dan is u eintlik `n mens sonder God en sonder godsdiens! Verontrus dit dan nie u gewete nie?”
[8] En Cirénius het gesê: ”Nie in die minste nie, want as daar geen ander God bestaan as hierdie ertsbeelde nie, dan is elke mens immers meer God as hierdie stomme erts, waarin geen lewe is nie! Ek is egter van mening, dat daar een of andere ware God is, wat ewig lewend is en almagtig; daarom verag ek sulke ou onsin!”
[9] Daarby was Cirénius ook `n groot kindervriend; daarom het hy na Maria toe gegaan, wat die Kind op haar arms gedra het en aan die moeder gevra of sy nie moeg was om die Kind voortdurend te dra nie.
[10] En Maria het geantwoord: ”O magtige Heer van die land! Ek is weliswaar al baie moeg, maar my groot liefde vir die Kind laat my alle vermoeidheid vergeet!”
[11] En die landvoog het Maria geantwoord: ”Kyk, ek is ook `n groot kindervriend en ook getroud, maar die natuur of God het my nog nie met nakomelingskap geseën nie; daarom neem ek vreemde kinders - selfs dié van slawe aan – net soos wat ek my eie kinders sou aanneem!
[12] Ek wil daarmee egter nie sê, dat u my ook die uwe sou moes gee nie, want dit is immers u lewe!
[13] Maar ek sou u wil vra, of u Hom ook op my arm sou wil plaas om Hom alleen maar `n bietjie aan die hart te druk en te liefkoos!”
[14] Daar Maria soveel hartlikheid van die landvoog ondervind het, het sy gesê: ”Wie so hartlik is soos u, die mag die Kindjie van my wel op sy arms neem!”
[15] Nou het Maria die Kindjie aan die landvoog toevertrou sodat hy Hom kon liefkoos - en toe die landvoog die Kindjie op sy arms geneem het, is hy vervul met so `n heerlike gevoel soos hy nog nooit geken het nie.
[16] Hy het die Kindjie in die saal heen en weer gedra - en het met Hom ook naby die tafel met die afgodsbeelde gekom.
[17] Hierdie naderkom het egter alle afgodsbeelde onmiddellik hulle bestaan gekos, want hulle het soos was op gloeiende yster gesmelt.
[18] Cirénius was daardeur hewig ontsteld en het gesê: ”Wat is dit nou? Die harde erts het so volledig weggesmelt, dat daar selfs geen spoor van agtergebly het nie! Jy, wyse man uit Palestina, verduidelik dit eers aan my! Is jy dalk `n magiër?'
|
|
|
|
|