Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se woorde oor die drie vastende priesters - Die nederigheid van die nuwe huisgenoot en haar aanneming deur Josef - Die Seën en vreugde van die Kindjie Jesus

(19 Des 1843)

97 Die seuns van Josef het dadelik uitgegaan en die middagete ingebring. 

[2] Maar Josef het gesê: ”Wat is dit met ons drietal? Sal hulle die middagete saam met ons nuttig of wil hulle vandag miskien liewers in hulle eie kamer eet? 

[3] Gaan eers en vra daarna, dan sal dit gebeur soos hulle dit die beste wil hê!” 

[4] En die seuns het gegaan en dit aan die drie gevra; hulle het egter niks gesê nie, maar hulle het aan die seuns beduie, dat hulle voor sonsondergang niks sou sê en niks tot hulleself sou neem nie, nog spys nog drank. 

[5] Dit het die seuns aan Josef meegedeel en Josef was daarmee tevrede en het gesê: 

[6] ”As die drie daarvan `n gewetensaak gemaak het, sou ons teen hulle sondig om hulle te belet om aan hulle gelofte trou te wees!  

[7] Laat ons nou daarom in die naam van die Heer aan tafel gaan en dankbaar tot ons neem wat God aan ons gegee het!” 

[8] Die sogenaamde vrou het egter gesê: ”O meester van hierdie huis! U is te goed en ek is nie waardig nie; daarom is ek nie werd om aan u tafel te eet nie! In die gang van die huis sal ek dankbaar eet wat u goedheid my sal gee. 

[9] Bowendien is ook my klere te gehawend en my ongewaste liggaam sekerlik nie passend vir die tafel van `n meester soos u nie!” 

[10] Maar Josef het aan sy seuns gesê: ”Gaan haal vier groot kruike water en sit dit in die sykamertjie van Maria! 

[11] Jy, my vrou, was haar, kam haar hare en trek haar jou beste klere aan! 

[12] En as sy mooi voortreflik en feestelik aangetrek is, bring haar dan hierheen, sodat sy sonder skroom met ons die middagete kan nuttig!” 

[13] Binne `n halfuur was aan die wil van Josef voldoen en heeltemal skoon het daar nou in plaas van die vrou `n lieflike, skugter en uitermatige dankbare meisie gestaan, op wie se gesig alleen nog die spore te sien was van haar vroeëre verdriet. 

[14] Sy was volgens haar gelaatstrekke van groot skoonheid en in haar oë was daar diep nederigheid, maar ook `n diepe liefde. 

[15] Josef het nou `n regte vreugde ondervind aan hierdie kind en gesê: ”O Heer, ek dank U dat U my daartoe uitverkies het om hierdie arme te red! In U allerheiligste naam wil ek haar as volle dogter aanneem!” 

[16] En terwyl hy hom tot sy seuns gewend het, het hy gesê: ”Kyk na julle arme suster en begroet haar soos broers dit doen!” 

[17] Die seuns van Josef het dit met groot vreugde gedoen en ten slotte het ook die Kindjie gesê: 

[18] ”Soos ook deur julle, is sy ook deur My aangeneem; dit is `n goeie werk en gee aan My baie vreugde!” 

[19] Toe die meisie die Kindjie so hoor praat het , was sy verbaas en het gesê: ”O, wat `n wonder is dit, hoe kan hierdie Kindjie dan praat soos `n God?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205