Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

TERUGKEER NA JOSEF SE HUIS

Die verkwikkende samesyn onder die skaduryke blare op die heuwel - Wyse uitleg van Josef oor Cirénius se seereis - Hoe die Meester diegene wat Syne is, lei

(15 Mrt 1844)

184 Toe, met uitsondering van Jonathan se dienaars die hele geselskap hulle in en rondom die huis bevind het, het Josef dadelik aan sy seuns opdrag gegee om vir `n goeie middagete te sorg. 

[2] Vir hierdie doel het Jonathan die goeie lading voortreflike tornyne, wat hy saamgebring het, aan hulle gegee. 

[3] Na hierdie opdrag het Josef met die vernaamste lede van Cirénius se gevolg en natuurlik met Cirénius self, met Miriam, met Jonathan en met die Kindjie, wat Cirénius nog op sy arms gedra het, na die lieflingsheuwel gegaan. 

[4] Eudokia en Tullia en ook die agt kinders het nie in die huis gebly nie, maar het die geselskap ewe-eens op die heuwel gevolg, waar daar ruimte genoeg was. 

[5] Hier aangekom, het almal op die banke wat deur Josef gemaak is, gaan sit en hulle in die skaduwee van die digte rose, mirte- en papirusplante verkwik. 

[6] Want die heuwel het twee gedeeltes gehad; die een was digbegroeid, wat vir die dag bedoel was, 

[7] maar die ander gedeelte was oop en was alleenlik bedoel om in die aande en in die nagte benut te word om daar die vars lug en die vrye uitsig oor die omgewing en die uitspansel te geniet. 

[8] Toe hulle dus by die heerlike lower van die heuwel aangekom het en daar gaan sit het, het Cirénius aan Josef gevra, of hy hom nou nie die verlangde uitleg oor sy seereis sou wou gee nie. 

[9] En Josef het geantwoord: “Ja, broer, hier is die plek en die tyd, luister dus na my! 

[10] Kyk, die oostewind stel die barmhartigheid van Elohim voor; dit het jou stormagtig na Hom toe gedryf, wat jy nou op jou arms hou! 

[11] Baie ken en herken egter nog nie die barmhartigheid van die Meester, wanneer en hoe dit werk nie. 

[12] So het jy ook nie herken, wat die almagtige barmhartigheid van die Meester met jou in gedagte gehad het nie. 

[13] Jy het gedink dat jy verlore was en gemeen, dat die Meester jou volkome vergeet het; 

[14] en kyk, toe jy deur die almagtige barmhartigheid van die Meester op die sandbank gestrand en jouself as verlore beskou het, toe eers het die Meester jou met alle krag gegryp en jou gered van elke ondergang! 

[15] So was dit altyd die aard en handelswyse van die Meester gewees en sal dit ook ewiglik wees, om hulle te lei wat op die weg na Hom toe was en is! 

[16] Waarom het die Meester jou so gelei? - Wel, toe dit in die omstreke van Tyrus bekend geword het dat jy per skip hiernatoe sou gaan, het betaalde muiters bymekaar gekom, 

[17] het skepe geneem en wou jou op die oop see oorval en vermoor! 

[18] Toe het die Meester plotseling `n sterk oostewind gestuur; 

[19] wat jou skip baie vinnig van jou vyande weggedryf het, sodat hulle jou nooit meer kon bereik nie. 

[20] Omdat jou vyande jou nogtans nie uit die oog verloor het nie, maar jou nog steeds des te grimmiger agtervolg het, het die barmhartigheid van die Meester vir jou tot `n orkaan geword. 

[21] Hierdie orkaan het jou vyande in die see laat verdrink en het jou skip op die regte plek tot stilstand laat kom, waar jy toe volkome gered is. Cirénius, verstaan jy nou hierdie seereis van jou?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205