|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 69
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die angstige nag van die jong menseoffers - Die drie duiwelse afgodsdienaars – Cirénius se innerlike verontwaardiging en streng regverdige oordeel: vryheid vir die slagoffers, dood vir die drie priesters!
(15 Nov 1843)
69 Die drie onderpriesters het, toe hulle op die offerplein aangekom het, dadelik aan die bewakers van die arme, jong slagoffers wat deur doodsangs oorweldig was, bekend gemaak dat die vasgestelde, onherroeplike offerplegtigheid eers die volgende môre des te sekerder sou plaasvind, omdat die hoë Cirénius self dit verordineer het.
[2] In watter stemming hierdie berig die tweeduisend slagoffers gebring het, het geen nadere beskrywing nodig vir hom wat uit die geskiedkundige tradisie weet, dat sulke slagoffers ter versoening van die verskillende afgode ook baie verskillende martelingsmetodes moes deurgaan en dan gedood is.
[3] Dit sou vir menigeen te weersinwekkend kan wees om al die by die duisend verskillende maniere van marteling te beskryf; daarom sal ons ook daarby verbygaan.
[4] In plaas daarvan sal ons aanstons met Cirénius, Maronius en Josef in die vroeë oggend die offerplek besoek en daar `n bietjie rondkyk!
[5] In die vroeë, buitengewoon helder oggend het die drie bogenoemdes hulleself na die vasgestelde offerplek begewe.
[6] Met die grootste verbittering het Cirénius al vanuit die verte die ontsettende angsgeskreeu van die jeug gehoor wat geoffer moes word.
[7] Daarom het hy sy pas versnel om tog so gou moontlik `n einde te maak aan hierdie gruwelike toneel.
[8] Op die plein aangekom, was hy ontsteld oor die onmenslike gevoel van die drie onderpriesters, wat al met die grootste verlange op die bevel van Cirénius gewag het om met die slagting te kon begin.
[9] Cirénius het die priesters dadelik na hom laat kom en hulle gevra: ”Sê my, voel julle geensins jammer vir hierdie pragtige jongmense nie en wat so aller gruwelik vermoor moet word? Het julle geen medelye met hulle in julle harte nie?”
[10] Die priesters het gesê: ”Waar die gode voel, daar is `n einde aan menslike gevoelens!
[11] Vir die gode is menselewens niks - en dikwels alleen maar `n gruwel; dit maak ons, hulle dienaars op aarde, aan hulle aard gelyk en ons kan daarom geen erbarming in ons dra nie,
[12] wel egter `n gevoel van genoeë en `n gejuig, omdat ons in staat is om die gode stiptelik te dien!
[13] Dus sien ons nou ook reeds uitermate uit na die slagting van hierdie offers wat tog in elk geval selde deur die hoë gode verlang word!”
[14] Hierdie uitlating het Cirénius so `n enorme skok in sy hart besorg dat hy van woede oor hierdie priesters begin te bewe.
[15] Hy het egter weer vinnig moed geneem en aan die priesters gesê: ”Wat egter, as Zeus homself hier sou bevind en hierdie slagoffers die lewe skenk!? Wat sou julle dan doen?”'
[16] Die priesters het geantwoord: ”Dan sou die offer des te sekerder moes plaasvind, omdat dit alleen maar `n toetsing van ons priesterlike diensywer sou wees!
[17] As ons ons dan sou ontferm oor die uitgesoekte slagoffers, dan sou Zeus ons as misdadigers beskou en ons deur weerligstrale en donder vernietig!”
[18] Maar Cirénius het verdere vrae aan die priesters gestel en gesê: ”Wat het die ander hoëpriesters dan aan die gode misdrywe, dat hulle so wreed in hul paleis gedood is?”
[19] En die priesters het geantwoord: ”Weet u dan nie dat daar nog `n onverbiddelike noodlot bo alle gode en hulle priesters heers nie?
[20] Dit het die priesters gedood, soos hulle nou die gode opgehits het; dit kan die gode egter nie dood nie, maar wel die sterflike priesters wat nog hier en daar is!”
[21] ”Goed”, het Cirénius gesê, ”Vanoggend na middernag het die fatum na my gekom en aan my die bevel gegee om aan al hierdie jongelinge hulle lewe terug te skenk – en in die plek daarvoor julle te offer en wel so sekerlik as wat ek Cirénius heet en my broer Julius Augustus Caesar wat as opperste konsul en keiser in Rome regeer! - Wat sê julle dan van hierdie berig?”
[22] Die verskriklike nuus het die priesters laat verbleek en die ander slagoffers weer tot hulle bewussyn laat kom, want nou het Cirénius dadelik aan alle slagoffers hulle vryheid bekend laat maak, maar die drie priesters word vasgebind en vir hulle teregstelling gereedgemaak.
|
|
|
|
|