Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Menslike kortsigtige vraag van Josef - Antwoord van die Kindjie - Oor die algemene betekenis van die menswording van die Heer

(03 Mei 1844)

198 Toe Josef dit van die Kindjie verneem het, het hy gesê: 

[2] “Jy, My God-Seuntje, diep in my hart het ek Jou wel begryp, 

[3] maar ek moet erken, dat jy my daar bepaald geen aangename voorspelling gegee het nie! 

[4] Want as sowel na Jou as vóór Jou die grootste deel van die mense afgodedienaars sal bly, waarvoor het Jy dan op aarde gekom? 

[5] Waarvoor so `n vernedering van Jou eindelose ewige gewydheid? Wil Jy net weiniges help? Waarom dan nie almal nie?” 

[6] Die Kindjie het egter gesê: “Josef, jy het `n menigte ydele vrae! 

[7] Het jy nog nooit die sterrehemel betrag nie? Kyk, elke ster wat jy sien, is `n wêreld, is `n aarde, waarop - net soos hier - vry mense woon! 

[8] En tallose is nog deur geen sterflike oog ontdek nie; en kyk, vir hulle almal geld My koms hier op aarde! 

[9] Die hoe en waarom sal jy eendag in My Ryk in die grootste duidelikheid te siene kry! 

[10] Verwonder jou dus nie, as Ek jou oor die mense van hierdie aarde so `n voorspelling gemaak het nie, 

[11] want Ek het oneindig talloos baie mense, en al hierdie tallose en eindelose baie het My menswording op aarde nodig. 

[12] Hulle het dit daarom nodig, omdat My eie ewige ordening, waaruit hierdie aarde, asook alle ander eindelose talle aardes wat so voortgekom het, dit so verlang. 

[13] Dus sal dit op die aarde wel so gaan, soos Ek dit aan jou voorspel het. 

[14] Maar daarom sal die ewige heilige doel van My koms op aarde tog nie tevergeefs wees nie! 

[15] Want kyk, al hierdie tallose wêrelde, sonne en aardes het hulle bane, en hulle het nou eenmaal ook hulle tallose en eindelose verskillende rigtings! 

[16] Oral is ander wette en oral bestaan `n ander orde, 

[17] maar ten slotte kom hulle tog almal weer in die een orde, My fundamentele orde, tereg en beantwoord aan die een groot hoofdoel, soos die ledemate van die liggaam en hulle funksies. 

[18] Kyk, so sal dit uiteindelik ook met die mense van die aarde wees, en hulle sal almal eens in die gees erken, dat daar net één God, één Heer, één Vader en maar net één volmaakte lewe in Hom is! 

[19] Maar hoe en wanneer? - Dit bly net aan Hom bekend, wat dit nou aan jou gesê het! 

[20] Maar daar sal nog tevore baie winde oor die aardbodem moet waai, 

[21] en baie water uit die hemel stroom en baie hout verbrand word, voordat `n mens sal sê: 

[22] “Kyk, nou is daar één kudde en één herder, één God en maar één mens uit tallose, één Vader en één Seun in en uit die getal van die eindeloos baie!"” 

[23] Op hierdie woorde van die Kindjie het Cirénius, Jonathan asook Josef se hare ten berge gerys en Josef het gesê: 

[24] “O Kindjie, Jou woorde word steeds onbegrypliker, steeds wonderbaarliker en werklik ontstellender! 

[25] Wie kan die eindelose diepte daarvan besef? Spreek daarom met ons volgens wat ons kan verstaan, anders gaan ons ten gronde aan sulke diepsinnigheid van Jou woorde!” 

[26] Die Kindjie het geglimlag en gesê: “Josef, kyk, juis vandag is Ek eg in die stemming om onthullings aan julle te doen, onthullings waarvan julle almal sal sidder! 

[27] En julle sal daardeur ten volle insien, dat in My werklik die volkome Heer van die ewigheid tuis is en nou onder julle woon! - Luister dus verder na My!”'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205