Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die besigtiging van die nuwe huis - Dankwoorde van Maria en Josef – Cirénius se belangstelling in die geskiedenis van Israel

(14 Okt. 1843)

 (Matthéüs. 2:15).

45 Nadat hy herstel het van sy groot verbasing, het Josef alles saam met Cirénius in oënskou geneem. 

[2] En Maria, wat die Kindjie weer uit Cirénius se arms geneem het, het ook alles saam bekyk en was opreg verheug oor die groot goedheid van die Heer, omdat Hy ook in aardse opsig so goed vir hulle gesorg het. 

[3] Toe hulle alles besigtig het en in die rein woonhuis intrek geneem het, het Maria baie gelukkig aan Josef gesê: 

[4] ”O my dierbare, geliefde Josef! Ek is buitengewoon verheug dat die Heer so goed vir ons gesorg het! 

[5] Ja dit kom my selfs voor, asof die Heer die hele ou orde omgekeer het! 

[6] Want kyk, eertyds het Hy die kinders van Israel uit Egipte na die Beloofde Land Palestina gelei, wat destyds Kanaän geheet het; 

[7] nou het Hy Egipte weer tot die Beloofde Land gemaak, en Hy het saam met ons gevlug, of veeleer, het ons Self hierna toe gelei, vanwaar Hy destyds ons voorvaders bevry het en deur die woestyn na die Beloofde Land gelei het, wat oorvloei van melk en heuning!” 

[8] En Josef het gesê: ”Maria, jy het weliswaar nie heeltemal ongelyk met jou blye opmerking nie, 

[9] maar ek is van mening dat hierdie uitspraak van jou alleenlik deug vir ons huidige omstandighede. 

[10] Oor die geheel geneem, kom dit vir my voor, asof die Heer nou met ons gedoen het wat Hy eens gedoen het met die seuns van Jakob, toe in die land Kanaän die groot hongersnood uitgebreek het! (Matthéüs. 2:15; Hosea 11:1).  

[11] Die volk van Israel het daarna tot aan die tyd van Moses in Egipte gebly, maar Moses het hulle deur die woestyn weer terug huistoe gebring. 

[12] En ek glo dat dit met ons ook so sal gaan; ook sal ons nie hier begrawe word nie en sal beslis op die regte tyd weer na Kanaän moet terugkeer! 

[13] Vir die terugkeer van ons vadere moes daar weliswaar eers `n Moses opgewek word, maar ons het die Moses alreeds in ons midde! 

[14] En daarom dink ek, dat dit so sal gebeur soos ek gesê het.” 

[15] En Maria het al hierdie woorde in haar hart bewaar en Josef gelyk gegee. 

[16] Ook Cirénius het aandagtig na hierdie gesprek geluister en het toe aan Josef te kenne gegee dat hy die geskiedenis van die Judeërs graag van nader sou wil leer ken.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205