Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die dankbaarheid van die genese vrou en haar versoek om te mag bly - Jakob lig die verleë gedrag van Maria toe - `n Voorspelling van die vrou oor Maria se toekoms -Maria se beskeidenheid – Josef se tuiskoms

(15 Des 1843)

94 Nou het die vrou Maria gevra of sy haar nie wou toelaat om `n tydlank by haar te bly om die huis te dien, waarin sy haar so `n groot heil wedervaar het nie. 

[2] Maar Maria het gesê: ”Mevrou, dit is nie vir my om te beslis nie, want ek is self maar net `n diensmaagd van die Heer. 

[3] Wag egter `n rukkie tot my man terugkom van die veld af! Van hom sal jy die regte beslissing verneem!” 

[4] Maar die vrou het aan die voete van Maria neergeval en begin om haar letterlik as `n godin te aanbid, want sy het die genesing van haar gesigsvermoë vir `n te groot wonder aangesien, omdat sy blind gebore was. 

[5] Maar Maria het haar dit egter streng verbied en het haar in `n ander kamer teruggetrek. 

[6] Nou het die vrou begin huil, want sy het gedink dat sy daardeur haar grootste weldoenster beledig het. 

[7] Jakob wat in dieselfde kamer met die Kindjie gespeel het, het die vrou aangekyk en aan haar gesê: 

[8] ”Waarom huil u asof iemand u leed aangedoen het?” 

[9] Maar die vrou het gesê: ”Ag, liewe jong seun! Ek het immers haar beledig, wat aan my die lig van my oë gegee het! Sou ek dan nie huil nie?” 

[10] Jakob het egter gesê: ” Ag, wees oor iets anders besorgd! Die jong vrou wat u die badwater gegee het, is sagmoediger as `n tortelduif; daarom kan sy nooit beledig word nie. 

[11] Ook al sou iemand haar wou beledig, dan kan hy dit tog ook nie teweegbring nie! 

[12] Sy seën hom eerder tienmaal vir so `n belediging en vra die belediger selfs weer om sy vriendskap, op so `n manier dat ook die hardste steen geen weerstand daarteen sou kon bied nie! 

[13] Kyk, so goed is hierdie vrou! Wees dus daarom maar onbesorgd; want ek verseker u, dat sy nou net tot God vir u gebid het!” 

[14] En so was dit ook: Maria het werklik vir hierdie vrou tot God gebid, of Hy haar verstand sou wou verlig, sodat sy sou insien dat sy, naamlik Maria, ook maar net `n swak vrou was. 

[15] Maria was wel van die hoogste adel nie alleen deur afstamming (as koningsdogter) nie; maar haar vreugde het daarin bestaan, dat sy oral en deur elkeen gerespekteer word. 

[16] Na `n rukkie het die goeie, liewe Maria weer teruggekom en het die vrou werklik om vergewing gevra, indien sy miskien ietwat te hard teen haar uitgevaar het! 

[17] Hierdie gedrag van Maria het byna die dankbare vrou se asem weggeslaan uit pure liefde vir Maria. 

[18] En die vrou het uit die diepste vervoering van haar liefde gesê: 

[19] ”O stralende siel van my geslag, wat u edel hart my so kort gelede verbied het, dit sal eens volkere met u doen! 

[20] Want van alle vroue op aarde is u beslis die eerste wat des te seker `n verbond met die hoë gode het, omdat sy, behalwe haar waarlik goddelike deugsaamheid ook nog so onuitspreeklik lief, bekoorlik en mooi is! 

[21] Maar Maria het gesê: ”Liewe vrou, na my dood kan die mense met my doen wat hulle wil, maar tydens my lewe moet dit nie gebeur nie!” 

[22] Op daardie oomblik het Josef met sy vier seuns weer tuisgekom; en Maria het hom dadelik na die vrou gebring en hom alles vertel, wat daar voorgeval het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205