Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef vors die oorsprong van Jakob se geneeskrag na en ondervra hom – Josef se twyfel – Jakob se goeie antwoorde vanuit die Heer

(09 Mrt 1844)

162 Na `n rukkie het Josef na Jakob toe gegaan en hom gevra, waar so `n krag in sy asem vandaan sou gekom het.

[2] En Jakob het gesê: ”Liewe vader, ek het in my `n stem verneem, wat vir my gesê het: 

[3] ”Blaas jou asem in die blinde se gesig, dan sal hy sy gesigsvermoë weer heeltemal helder terugkry! 

[4] En kyk, ek glo vas aan die stem in my, het na sy woord gehandel en die blinde kan sien!” 

[5] En Josef het gesê: ”Dit sal wel so wees soos jy gesê het, 

[6] maar waar kom die magtige stem in jou vandaan? Hoe hoor jy dit?” 

[7] Die ondervraagde Jakob het gesê: ”Liewe vader, sien u Hom dan nie wat nou op my arms met My krulle speel nie?! 

[8] Ek glo, dat Hy die Een is, wat (sulke woorde) so wonderbaarlik in my, met my gespreek het!” 

[9] En Josef het Jakob verder gevra en gesê: 

[10] ”Sien jy die Kindjie nog wel aan vir die egte? Dink jy nie dat Hy vir ons omgeruil sou kon gewees het nie?” 

[11] Maar Jakob het gepraat: “Wie of welke mag sou dan in staat wees om die Almagtige om te ruil?! 

[12] Die engele val tog altyd op hulle aangesig as die Kindjie wonderbaarlik gepraat het; hoe sou hulle dan met Hom, die Almagtige, so kon handel?! 

[13] Ek hou Hom dus so gewis en waarlik vir die eerste en egte, so seker as wat ek waarlik nog nooit aan `n omruiling van kinders geglo het nie!” 

[14] En Josef het gesê: “My liewe seun, jy het my hier `n baie vaste bewys van jou geloof gegee, 

[15] want kyk, so praat Dawid self, wanneer hy sê: “Waarom woed die heidene en praat die mense so tevergeefs? 

[16] Die konings in die land kom in opstand en die heersers beraadslaag met mekaar teen die Heer en Sy Gesalfde, en sê: 

[17] “Laat ons Sy bande verbreek en Sy strik van ons afwerp!” 

[18] Kyk, my seun, hierdie woorde is geestelik, en die konings is die magte, en die land is die groot ryk van die onsigbare magte! -Maar wat voer hulle in die skild? Waarvan praat hulle?

[19] Is hierin dan nie die moontlikheid aangedui, dat hulle hulle hande ook aan die Heer kan slaan nie!?” 

[20] Jakob het daarop gesê: “Sekerlik, as die Heer dit sou toelaat! 

[21] Maar daar staan immers reeds die vraag aan die begin van die vers: “Waarom woed die heidene, en waarom praat die mense so tevergeefs?” 

[22] Wil Dawid daarmee nie dalk die ontoereikendheid van sulke magte teen die Heer aanwys nie?! 

[23] Verderaan staan daar immers nadruklik: ”Maar Hy wat in die hemel woon, lag oor hulle en spot met hulle! 

[24] Eens sal Hy met hulle praat in Sy toorn en met Sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik!” 

[25] Liewe vader, ek dink, dat hierdie twee strofes van die groot sanger van God my geloof voldoende regverdig! 

[26] Want dit gee aan my voldoende te kenne, dat die Heer altyd Heer sal bly en dat daar met Hom geen omruiling gedoen kan word nie!” 

[27] Josef het hom verbaas oor die wysheid van sy seun en het met sy hele huis die Kindjie weer vir die egte Kindjie gehou en het God daarom geloof en geprys.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205