|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 55
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die gastemaaltyd in Josef se huis - Maria se nederigheid en wedywer in die liefde met Cirénius - Die Goddelike wysheid van die heilige Kind wat alle filosofie beskaam
(28 Okt 1843)
55 Die maaltyd was gereed en die gaste wat uitgenooi was, kom ook daar aan; Cirénius, wat die Kindjie nog steeds op sy skoot gehad het en met hom gespeel en hom ook geliefkoos het, het Hom weer teruggegee aan Maria en die teken gegee om aan te sit vir die ete.
[2] Almal het plaasgeneem aan die versorgde tafel, maar Maria gaan, omdat sy geen deftige klere gehad het nie, met die Kindjie na `n sykamer en het plaasgeneem aan die tafel van Josef se seuns.
[3] Dit het Cirénius egter dadelik opgemerk, het self die liewe moeder vinnig agterna geloop en gesê:
[4] ”Allerliefste moeder van Hom wat my lewe is, wat wil jy dan nou doen?
[5] Aan jou en aan jou Kind is aan my immers die meeste geleë; jy is die koningin van ons geselskap, en juis jy wil nie deelneem aan my vreugdemaal, wat ek spesiaal vir jou hier laat voorberei het nie!?
[6] O nee, daar kom niks van nie! Kom daarom maar vinnig saam na die groot kamer en neem plaas aan my regtersy - aan my linkersy sit jou eggenoot!”
[7] Maar Maria het gesê: ”O kyk, liewe meester, ek het immers maar baie armoedige klere aan; hoe sou dit aan u so glansende sy vertoon?”
[8] Maar Cirénius het gesê: ”O liewe moeder, as my goue klere, wat vir my totaal geen waarde het nie, jou in verwarring bring, dan sou ek dit graag dadelik van my af wil wegwerp en daarvoor in die plek `n allereenvoudigste matroos uniform aantrek, omdat ek jou aan my tafel nie mag mis nie!”
[9] Omdat Maria van die groot deemoedige vriendelikheid van Cirénius oortuig was, het sy omgedraai en het dus langs Cirénius aan tafel sit, met die Kind op haar arm.
[10] Toe almal nou aan tafel gesit het, het die Kindjie Cirénius aanhoudend glimlaggend aangekyk en Cirénius kon uit louter liefde vir hierdie Kind sy oë nie van Hom afhou nie.
[11] `n Kort rukkie het hy dit uitgehou, maar toe word sy liefde vir die Kind vir hom te magtig
[12] en hy het aan die liewe Kleintjie gevra: ”Wel, Jy my lewe, sou Jy weer by my op my arm wil kom sit?”
[13] En Die Kindjie glimlag baie lieftallig vir Cirénius en het weer baie duidelik gepraat:
[14] ”O My liewe Cirénius, Ek wil baie graag na jou toe; omdat jy My so lief het, daarom het Ek jou ook so lief!
[15] En dadelik het Cirénius sy arms na die Kind uitgestrek en Hom na hom geneem en Hom innig geliefkoos.
[16] Maria het nou skertsend aan die Kindjie gesê: ”Maar maak meester Cirénius nie vuil nie, hoor!”
[17] Maar Cirénius het diep ontroerd gesê: ”O liewe moeder, ek mag wel wens dat ek so rein was, dat ek die Kind waardig op my arms kon dra!
[18] Die Kind kan my alleen maar reinig, maar nooit bevuil nie!”
[19] Nou het hy homself weer tot die Kind gewend en gesê: ”My Kindjie, sê eers, ek is sekerlik nog baie onrein, baie onwaardig om Jou te dra?”
[20] Maar die Kindjie het weer duidelik gepraat: ”Cirénius, wie My liefhet soos jy, is rein en Ek het hom lief soos hy My liefhet!”
[21] En Cirénius het die Kindjie baie verruk verder gevra: ”Maar hoe kom dit, my Kindjie, dat Jy, nog maar nouliks enkele maande oud, al so wys en duidelik praat? Het Jou liewe moeder Jou dit geleer?”
[22] Die Kindjie het Homself saggies laggend regop in die arms van Cirénius opgerig en soos `n klein Heer gepraat:
[23] ”Cirénius, hierby kom dit nie op die leeftyd en ook nie op die leer aan nie, maar op watter gees `n mens het! Leer moet alleen die liggaam en die siel; maar die gees het reeds alles in homself uit God!
[24] Ek het die korrekte Gees geheel en al uit God; kyk, daarom kan Ek ook al so vroeg praat!”
[25] Hierdie antwoord het Cirénius, eweas die res van die geselskap, volkome buite hulleself van verbasing gebring en selfs die owerste het gesê: ”By Zeus, die kind beskaam met die antwoord nou reeds al ons wyses! Wat is in vergelyking hiermee dan nog Plato, Sokrates en honderd ander wyses?! Hoe sal die Kind wel presteer as Hy eenmaal volwasse is?” En Cirénius sê: ”Sekerlik meer as al ons wyses en al ons gode tesame!”
|
|
|
|
|