|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 185
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Cirénius dank die Kindjie vir die barmhartige leiding - Hoe `n mens God welgevallig moet bid - Die vernaamste rede vir die menswording van die Heer - Verbasing van Cirénius oor die vordering van die agt kinders
(16 Mrt 1844)
185 Toe Cirénius dit van Josef verneem het, het hy hom dadelik tot die Kindjie wat op sy arms gerus het, gewend en aan Hom gesê:
[2] “O Jy, wie se Naam my tong nooit werd is om uit te spreek nie! Dit was dus louter barmhartigheid van Jou, my Heer en God?
[3] Hoe, op welke wyse moet ek Jou nou dank, hoe kan ek Jou loof en prys vir so `n uiters groot wonderbaarlike barmhartigheid?
[4] Wat kan ek, `n arm, dom mens nou as vergoeding vir Jou doen, dat Jy my so eindeloos genadig is en my meer beskerm as Jou eie hart?”
[5] En die Kindjie het gesê: “My geliefde Cirénius! Ek sou jou nog veel meer liefhê, indien jy nie steeds net soveel versugtinge voor My sou slaak nie!
[6] Wat het Ek en wat het jy nou daaraan, as jy steeds so voor My sug?!
[7] Ek sê vir jou, wees liewer opgewek en het My lief in jou hart en ook alle ander mense, dan sal Ek vir jou liewer wees as wanneer jy so sug, en dit vir niks en weereens niks nie!”
[8] Cirénius het daarop uiters teergevoelig aan die Kindjie gesê:
[9] “Jy, my lewe, my alles! Mag ek dan nie bid tot Jou nie, my God en my Heer?”
[10] Maar die Kindjie het geantwoord: “O ja, dit mag jy wel doen, maar nie met allerlei oneindige uitroepe nie,
[11] maar alleen in jou gees, wat die liefde tot My in jou is en in die waarheid daarvan, wat `n suiwer lig is, wat aan die vlam van die liefde ontspring!
[12] Dink jy dan, dat Ek deur die gebede van die mense swaarder, magtiger en groter word as wat Ek sonder sulke gebede tog in elk geval al is?
[13] Kyk, daarom het Ek My immers vanuit My ewige oneindigheid in hierdie liggaam begeef, sodat die mense My meer met hulle liefde sal aanbid
[14] en daarby hulle mond, hulle tong en hulle lippe sal spaar! Want so `n aanbidding verlaag sowel die aanbidder as die een wat aanbid word, omdat dit `n lewelose gebed sonder inhoud is, kenmerkend van die heidene!
[15] Want wat doen jy dan met jou goeie vriende en broers, as jy met hulle byeenkom?
[16] Kyk, dan is jy bly om hulle te sien en groet hulle en gee hulle die hand en omhels hulle!
[17] Doen dieselfde ook met My, dan sal Ek in ewigheid niks anders van jou verlang nie!
[18] En wees nou heeltemal opgeruimd en sien ook `n bietjie om na jou kinders en vra hulle `n bietjie uit oor wat hulle alles al geleer het;
[19] jy sal self meer vreugde daaraan beleef en jy sal ook My daarmee `n groter vreugde berei, as wanneer jy honderd jare agtereenvolgens sou sug en uitroepe slaak!”
[20] Toe het Cirénius regtig opgeruimd geword en hy het die agt kinders dadelik na hom toe geroep en het hulle oor alles en nog wat uitgevra.
[21] Die kinders het hom op elke vraag sulke goeie antwoorde vol deeglike kennis gegee, dat hy hom nie genoeg daaroor kon verwonder nie.
[22] Toe was Cirénius van louter vreugde volkome buite raad, maar die kinders was ook bly dat hulle so skrander was en Cirénius het aan hulle almal ryklik geskenke gegee en die Heer geloof.
|
|
|
|
|