Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 287

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Jesus gee aan Piras Saggéüs `n verhelderende blik op Sy sending - Die heilsame gevolg en die soeke van Piras Saggéüs -Jesus as `n professor in die Natuurkunde:” Waar is bo en waar onder?”

(24 Aug 1844)

287 Toe Jesus hierdie gejammer van Piras Sacheüs gehoor het, het Hy geglimlag en gesê:

[2] “Nou sal u dwaashede vrugte dra en hulle wie se harte blind was, sal siende word!

[3] Luister dus, u dwaas, wat Dumas soos `n doring in u oog dra!

[4] Kyk, Ek het van bo neergedaal, om die mense volgens die wêreldse in hulle te vervloek,

[5] maar daarna te roep na die Een wat bo is, in opdrag van Hom wat in My is, bo My en julle,

[6] wat My vanuit Homself in My gestuur het, sodat julle verlos sou word!”

[7] Na hierdie woorde van die Kindjie Jesus het almal in die hele omgewing wat deur een of ander gebrek bedlêend was, gesond geword.

[8] Ook is almal verlos van wie die wêreldse (in hulle) deur die vloek van die klein Jesus nou en dan getref was, behalwe die verdorde seun.

[9] Hy moes vanweë sy vader die drie vooraf bepaalde jare onder die vloek van die Seuntjie deurbring.

[10] Piras Saggéüs het egter nou opgestaan en saam met Josef na buite gegaan en daar aan hom gesê:

[11] “Broer, ons is nou buite en niemand kan ons hoor (praat) nie.

[12] Ek vra jou, beste broer, om aan my bekend te maak hoe dit met die jong Seun gesteld is;

[13] want soos ek alreeds opgemerk het, is dit volstrek geen gewone kind nie!”

[14] Maar Josef het aan Piras Saggéüs gesê: “Vriend, as ek oor die wese van my Seuntjie sou wou praat, dan sou ek baie dae daarvoor nodig hê en nog nie klaar daaroor gepraat het nie;

[15] bowendien staan die Kind my ook nie toe om uit die skool te verklap na my goeddunke nie.

[16] Maar kyk, daar kom die Seuntjie juis na ons toe!

[17] Skep moed en gaan Hom met liefde tegemoet, dan sal die Kindjie aan jou alles vertel wat heilsaam vir jou is!”

[18] En die onderwyser het weldra moed geskep en het vol liefde vir Hom geword. En toe die Kind by hom aangekom het, het hy op vraende toon aan Hom gesê:

[19] “My allerliefste, wonderbaarlike Seuntjie, sou Jy aan my nie nader te kenne wou gee nie volgens welke mag in Jou Jy alles doen wat ek nou van Jou gesien en ook gehoor het?

[20] En die Seuntjie het geglimlag en gesê: “Weet u, geleerde man, waar bo en waar onder is?

[21] Want sien, die aarde is rond soos `n bol, en oral daaromheen woon mense en ander kreature.

[22] Die een helfte woon onder en die ander bo. En die aarde draai daagliks om sy as, sodat jy daagliks ongeveer vierduisend myl saamgedra word; sê My, wanneer is jy bo en wanneer onder?”

[23] Die onderwyser, wat nou baie verbluf geword het oor sulke buitengewone dinge, se gesig het dit gewys en hy het nie geweet wat hy daarop moes sê nie.

[24] Maar die Seuntjie het gelag oor die dom gesig van Piras Saggéüs en aan hom gesê:

[25] “O geleerde man! Wat wil u dan onderrig, as u nie weet dat alleenlik die lig hierby die beslissende faktor is nie?

[26] Waar die lig is, daar is dit bo; waar die nag is, daar is dit onder!

[27] By u is dit ook nog nag, daarom is u onder. Maar Ek was altyd in die hoogste lig gewees; daarom sal u My lignatuur in u nag ewemin kan verstaan as wat ons teenvoeters, wat nou nag het, ons nou kan sien!” Daarop het die Kindjie daarvandaan gehardloop.

[28] Piras Saggéüs het daarop aan Josef gesê: “Sien jy nou wel! Nou weet ek net so veel as tevore. Merkwaardige woorde van die jong Seun! Laat my nou alleen, ek wil daaroor nadink!” En Josef het die onderwyser alleen in die tuin gelaat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205