Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 253

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Jammerende klerediewe voor Josef se deur - Die Kindjie spreek kragtige woorde aan hulle

(15 Julie 1844)

253 `n Kort tydjie later het `n mens op `n afstand asof vanuit die rigting van die stad weer `n gejammer verneem en `n `n groot aantal mense na die huis van Josef sien hardloop. 

[2] “Wat sou dit nou weer wees?” het Josef aan die verbaasde Jonathan gevra. 

[3] Hy het gesê: “Dit sal, soos ook al die ander dinge, die Heer sekerlik beter weet as ons twee.” 

[4] En Jakob het aan hulle beide gesê: “Trek julle daar niks van aan nie, want dit is die klerediewe! 

[5] Die mag van die Heer het hulle ingehaal; hulle boet nou vir hulle vergryp aan die heilige kleding; 

[6] want wie dit aantrek of alleenlik maar aanraak, word dadelik deur `n innerlike vuur gegryp en tot as verteer. 

[7] Daarom hardloop hulle nou huilend en weeklagend daarvandaan en hulle sal ons vra dat ons self hierdie klere uit hulle halfverbrande huise in die stad wil gaan haal, 

[8] wat ons ook wil doen; maar die Heer sal met Self met hierdie misdadigers handel!” 

[9] Toe Jakob hierdie woorde nog maar nouliks uitgespreek het, het die kermende klerediewe alreeds voor Josef se huisdeur gestaan. 

[10] Daar het hulle hewig om hulp en redding geskreeu. En Josef het met Jonathan na buite gegaan. 

[11] Toe hy buite was, het dertig vertwyfelde manne na hom (om hulp) geskreeu: 

[12] “U almagtige god Jupiter, help ons en red ons, want ons het teen u gesondig, omdat ons u nie erken het nie! 

[13] Maar nou het ons u erken; daarom versoek ons u om ons te dood, of die klere wat aan u huis behoort, uit ons huise te gaan terughaal!”

[14] Nou het die Kindjie na buite gekom en gesê: “Luister, julle bose diewe! 

[15] Soos julle die klere saamgeneem het, so moet julle dit ook weer hierheen bring! 

[16] Doen julle dit nie, dan sal die dood julle lot wees!” 

[17] Toe die diewe dit gehoor het, het hulle gesê: 

[18] “Dit is die jong God, Hom moet ons gehoorsaam, anders is ons verlore!” 

[19] En almal het plotseling weggehardloop en alle gesteelde klere op ysterstawe teruggebring. 

[20] Want met blote hande het niemand dit durf waag om hierdie klere aan te raak nie. 

[21] Toe die klere teruggebring is, het die Kindjie die diewe laat gaan en hulle nie verder gestraf nie. Josef het die klere met vreugde weer geneem en dit hulle na binne gedra.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205