|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 191
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Wedloop van Jesus met Cirénius - Hoe Cirénius dit ook tot meesterskap bring! - Wenke vir meesterskap in die lewe
(23 Mrt 1844)
191 Toe die Kindjie met Cirénius en die ander agt kinders in die buitelug was, het Hy aan Cirénius gesê:
[2] 'Kyk, daar staan `n boom; hoe ver sal dit wel hiervandaan wees?”
[3] “Ek dink”, het Cirénius gesê, “ hy sou, noukeurig geskat, ongeveer tweehonderd tree hiervandaan kon wees!”
[4] En die Kindjie het gesê: “Laat ons dan `n wedloop hou en ons oortuig wie van ons die vinnigste voete het!”
[5] Cirénius het geglimlag en gesê: “O Heer, met die natuurlike krag sal Jy wel laaste by die boom aankom!”
[6] Die Kindjie het gesê: “Dit sal die uitslag eers aantoon; laat ons dit dus probeer!'”
[7] Nou het hierdie hardlopers met al hulle krag gehardloop en die Kindjie was eerste by die boom.
[8] By die boom aangekom, het Cirénius byna heeltemal uitasem gesê:
[9] “O Heer, ek het immers geweet, dat Jy nie op natuurlike wyse sou hardloop nie en dus die doel eerste sou bereik het!
[10] Want Jy word deur onsigbare kragte gedra, terwyl ek net deur my trae voete gedra word!”
[11] Maar die Kindjie het gesê: “Cirénius, jy het jou hier weereens vergis, want jou voete word net soos Myne deur onsigbare kragte tot lewe gewek!
[12] Die verskil bestaan net hierin, dat Ek `n Heer en jy nog maar `n leerling in die kragte is!
[13] As jy jou kragte goed sou oefen, dan sou jy dit ook soos `n Heer kon gebruik!
[14] Laat ons nou terug hardloop en dan sal ons sien wie die eerste op die plek voor die huis sal aankom!”
[15] Cirénius het nou vinnig na die aarde gebuig, die Kindjie opgetel en met Hom na die plek gehardloop - en was verreweg eerste op die plek.
[16] Daar aangekom, het die Kindjie geglimlag en gesê: “Dit was regtig vrolik!
[17] Sien jy, jy het dit dadelik tot meesterskap gebring; jy het die Heer gesien, Hom opgetel en het daardeur self tot meester geword!
[18] Maar leer ook die les wat daarin ingesluit lê: Voortaan sal niemand meer uit homself meester word nie;
[19] as hy die Heer egter sal opneem, sal hy `n meester word deur die Heer wat hy opgeneem het.
[20] Dit maak weinig saak wie die vinnigste kan hardloop; desnieteenstaande moet elkeen daarna strewe om die doel wat deur My aangewys word, die eerste met My te bereik!
[21] Wie sy lewenswedloop egter op eie krag wil begin, sal die laaste wees,
[22] maar wie sal doen soos jy so pas gedoen het tydens die tweede wedloop, sal net soos jy hom as eerste by die doel bevind!
[23] Laat ons nou `n ander speletjie gaan speel en ons eg kinderlik daarby vermaak!”
|
|
|
|
|