Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 224

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Waarom te veel naspeur in die dieptes van God se werk vir God se kinders nadelig is

(07 Junie 1844)

224 Cirénius het nou aan die Kindjie gevra: “O Jy my lewe, waarom mag of moet `n mens dan nie dieper in Jou werk navors nie? 

[2] Waarom is so `n navorsing, volgens Jou uitspraak, nadelig vir die liefde vir Jou? 

[3] Ek glo juis die omgekeerde: Eers as `n mens Jou werk steeds dieper en helderder erken, moet `n mens tog toeneem in die liefde vir Jou, en nie daarin verswak nie! 

[4] Want selfs onder ons mense is dit immers alreeds so, dat `n mens vir ons steeds dierbaarder word, hoe meer volmaakthede ons in hom ontdek. 

[5] Hoeveel te meer sal dit dan die geval wees met Jou, die Heer en Skepper van alles wat groot, volmaak en van alle grootheid, volkomenheid en heerlikheid is, wanneer ons Jou steeds dieper leer ken! 

[6] Daarom sou ek Jou, my lewe, self wel wou vra of Jy my oor hierdie sonderlinge ster iets naders sou wil vertel! 

[7] Want my hart sê my dat ek Jou dan eers heeltemal sal kan liefhê, as ek Jou steeds dieper in Jou almagtige en hoogwyse wonderwerking sal leer ken. 

[8] Niemand kan Jou immers as die enigste God en Heer liefhê as Hy Jou nie eers vooraf leer ken nie! 

[9] Daarom is ook die ken van Jou immers die vernaamste rede van ons siel om Jou lief te hê, 

[10] soos ek ook my vrou eers moes leer ken voordat ek haar in my hart kon opneem! As ek haar nie geken het nie, dan sou sy sekerlik ook nooit my vrou geword nie!” 

[11] Nou het die Kindjie geglimlag en gesê: “O My liewe Cirénius, as jy My dikwels sulke wyse lesse sou gee, sou Ek uiteindelik ook wel `n regte verstandige mens word!

[12] Kyk, daar het jy My tog louter nuwe dinge vertel! 

[13] Dink jou nou eers in: Jy was nou vir My `n onderwyser, daar jy My wil bewys dat teen My waarskuwing oor te veel navorsing in My werke, dat dit vir die siel van die mens wat betref die sfeer van sy liefde vir My, nie bevorderlik is nie, maar dat dit juis wel net bevorderlik is. 

[14] Hoe sou Ek dan nou, in vergelyking met jou, `n leerling, jou oor die onbekende sake mos onderrig?! 

[15] As jy beter motiewe vir die liefde ken as die wat jou God en Skepper jou gee, hoe kan jy van Hom dan `n meer diepgaande onderrig vra?! 

[16] Of dink jy dalk dat God Hom deur verstandelike redes wat deur mense bedink en saamgestel is, tot iets sal laat beweeg asof Hy `n regter volgens wêreldse wette sou wees?! 

[17] O Cirénius, nou is jy tog wel op `n baie groot dwaalspoor! 

[18] Want sien, Ek alleen ken immers My ewige ordening wat die moeder van alle dinge is! 

[19] Uit hierdie ordening het jy ook voortgekom! Die liefde van jou gees vir My is jou mees kenmerkende lewe! 

[20] As jy nou hierdie liefde vir My van My wil afwend na My skepsels, om My dan sterker lief te hê, terwyl jy My tog sigbaar lewend voor jou het, 

[21] sê My, sal so `n dwase manier om die liefde te versterk, wel sin hê?! 

[22] Ja, vir iemand wat My nog nie ken en wat My nog nie het nie, is dit wel moontlik om hom op jou weë na My op te kom, 

[23] maar as iemand My al reeds op sy skoot het, waartoe sou jou trapsgewyse metode dan nog dien?” 

[24] Nou het Cirénius geweldig verbaas geword en dit het hom baie geraak en niemand het meer na die komeet gevra nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205