Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die dank van Cirénius aan die Kindjie - Die seënende woorde van die Kindjie aan die bruidspaar – Josef se uitnodiging vir die bruilofsmaal – Cirénius se terugkeer na die stad

(09 Jan 1844)

111 Nou het Cirénius met Tullia na Eudokia, wat die Kindjie nog op haar arm gehad het, gekom en aan die Kindjie gesê: 

[2] ”O Jy my lewe, my alles! Aan Jou alleen het ek hierdie groot, wonderlike geluk te danke! 

[3] Ek het vir Jou net iets gerings gedoen en Jy beloon my so onuitspreeklik en maak my die gelukkigste mens op aarde! 

[4] O, hoe sal ek, arme sondaar, Jou ooit genoeg daarvoor kan bedank?” 

[5] Die Kindjie het homself egter opgerig, Sy regterhand omhoog gelig en gesê: 

[6] ”O My liewe Cirénius Quirinus, Ek seën jou nou en jou vrou Tullia, sodat julle in hierdie wêreld gelukkig met mekaar sal lewe! 

[7] Maar dit sê Ek jou ook: Ag jou in die aardse geluk nimmer al te gelukkig nie, maar beskou die wêreld met sy geluk as `n skouspel van bedrieglike skyn, dan sal jy in die regte wysheid die lewe op aarde geniet! 

[8] Want kyk, alles in die wêreld is presies die teendeel van wat dit sigself aan jou voorstel; alleen die liefde, wat diep uit die hart kom, is eg en opreg! 

[9] Waar jy lewe sonder liefde waarneem, is dit geen lewe nie, maar die dood; 

[10] waar jy egter vanweë die rus van die ware liefde die dood veronderstel, daar woon die lewe en niemand kan dit versteur nie! 

[11] Jy weet nie hoe broos die grondslag is waarop jy staan nie; Ek weet dit egter wel en daarom sê Ek jou dit alles! 

[12] Grawe hier slegs duisend vaam (klafter) diep en jy sal voor `n magtige afgrond staan, wat jou sal verswelg! 

[13] Grawe daarom nie te diep in die dinge van hierdie wêreld nie en verheug jou nie oor die ontdekkings in die diepte van die aarde nie; 

[14] want waar iemand te diep in die wêreld ingrawe, daar bewerk hy ook sy eie ondergang. 

[15] Vertrou die plek nie waarop jy staan nie, want dit is broos en kan jou verswelg, as jy hom uitgrawe en `n myn in die grond maak! 

[16] Bedink: Alles op die wêreld kan jou doodmaak, omdat alles die dood in homself dra - alleen die liefde nie, as jy dit in sy reinheid bewaar! 

[17] Vermeng jy die liefde egter met wêreldse dinge, dan word dit swaar en kan jou ook dood, liggaamlik sowel as geestelik. 

[18] Bly daarom in die suiwer, onbaatsugtige liefde, het die enige God bo alles lief as jou Vader en Skepper, en bemin die mense wat jou broers is soos jyself, dan sal jy in hierdie liefde die ewige lewe hê! Amen.” 

[19] Hierdie oorwyse woorde van die Kindjie het Cirénius en alle aanwesiges soveel respek ingeskerp dat hulle oor hulle hele liggaam gebewe het.

[20] Josef het egter na Cirénius toe gegaan en gesê: ”Broer, bedaar en vertrek met die seën van hierdie huis na die stad! Hou alles wat jy hier gehoor en ontvang het egter voorlopig verborge! Maar kom môre om hier die bruilofsmaal te hou!” En Cirénius het homself dadelik met Tullia en sy gevolg na die stad begeef.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205