Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 230

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die dankbaarheid, die geskenk, en die afskeidsrede van Cirénius - Hy bly nog `n dag

(14 Junie 1844)

230 Met hierdie kinderlike tafereel is ook die oggendete afgesluit. 

[2] Nadat Josef die dankgebed beëindig het, het Cirénius dadelik na hom toe gegaan en gesê: 

[3] “My geliefde vriend, jou verdienstes vir my en selfs vir my broer Julius Augustus Quirinus Caesar in Rome, is van so `n te aard, dat ek jou hulle nooit na waarde sal kan vergoed nie. 

[4] Maar om jou heeltemal nie te beloon nie, is vir my volstrek onmoontlik! 

[5] Ek weet egter dat jy van my geen koninklike beloning sal aanneem nie; 

[6] daarom het ek die volgende oorweeg: Soos dit vir my lyk, kan jy hierdie jaar `n skraal graanoes verwag; 

[7] nogtans het jy redelik baie mense in die huis. 

[8] Nege persone behoort in elk geval aan my en julle is ook agt, dus met altesaam sewentien persone. 

[9] En my gees sê my nou, dat jou meelkaste leeg is en net soook jou voorraadkamer, 

[10] en dat dit met jou ook alreeds met die voer vir jou koeie, bokke en esels sleg gaan. 

[11] Kyk, dit alles weet ek baie presies - en ook dat julle byna niks meer het om aan te trek nie. 

[12] Daarom, my geliefde broer, moet jy ten minste soveel van my aanneem soos wat jy voorlopig nodig het. 

[13] Ek weet wel dat dit uiters belaglik is as `n aardse mens van plan is om die Heer van die oneindigheid te ondersteun, vir wie dit `n kleinigheid is om met één woord tallose wêrelde te skep. 

[14] Maar ek weet nou ook dat juis hierdie heilige Heer nie steeds wonders wil doen teen Sy ewige wonderlike orde in nie, omdat daaraan altyd `n oordeel vir ons, geskape wesens, verbonde is. 

[15] Daarom moet jy hierdie keer ten minste soveel van my aanneem soos jy nodig het 

[16] en moet jy my hierdie keer nie, soos gewoonlik, afwys nie!” 

[17] En Josef het gesê: “Ja broer, hierdie keer sou jy byna gelyk hê, 

[18] maar voordat ek iets van jou aanneem, moet ek tog die Heer vra.” 

[19] Nou het die Kindjie, wat nog by Jakob was, vinnig nadergekom en aan Josef gesê: 

[20] “Josef, neem maar aan wat Cirénius jou wil gee sodat jy die huisgesin dan van lewensmiddele kan voorsien!” 

[21] Daarop neem Josef die aanbod van Cirénius aan. 

[22] Cirénius het nou dadelik aan Josef `n som van duisend pond silwer en sewentig pond goud oorhandig. 

[23] Josef het Cirénius daarvoor bedank en het die swaar som in ontvangs geneem. 

[24] Cirénius was besonder in sy skik daaroor en het gesê: “Broer, nou is my hart wel duisend sentenaar* ligter! Maar vandag vertrek ek nie meer hiervandaan nie, maar môre, want my groot liefde laat my nie van hier gaan nie.” En Josef het hom baie daaroor verheug.

(sentenaar = 100 kg)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205