|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 210
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Josef se vraag en die vertroostende antwoord daarop - Die groot honger van die Kindjie - Die vismaaltyd - Die vraag van Cirénius oor die Middellandse See
(20 Mei 1844)
210 Na `n rukkie het Josef egter na die Kindjie toe gegaan en Hom gevra hoe dit verstaan moes word.
[2] En die Kindjie het gesê: “Josef, nou vra jy tevergeefs,
[3] want daar is heelwat dinge wat nie aan julle geopenbaar word terwyl julle op hierdie aarde lewe.
[4] Aan hulle egter wat na hierdie lewe geestelik in My Ryk sal kom, sal alles in die lig getoon word.
[5] Vra hier daarom nie na dinge, wat jou nou niks aangaan nie!
[6] Laat nou maar grond bring om die plek van hierdie brand daarmee te bedek!”
[7] En Josef het hom hiervoor tot Cirénius gewend en hy het dadelik deur sy mense grond laat aanbring om die plek daarmee te bedek.
[8] Na hierdie werk het dit middag geword en die seuns van Josef het die middagete ook klaar voorberei en dit vir die baie gaste gereed gehou.
[9] En die Kindjie het Self aan Josef gesê: “Ek het al regtig honger geword; daar is drie groot visse gebraai, laat ons dus gaan eet!”
[10] Maar Josef het gesê: “Dit is baie lofwaardig, maar sal die visse wel toereikend wees vir meer as honderd persone?”
[11] En die Kindjie het geantwoord: “Jy het die groot diere tog gesien; hoe kan jy dit nog vra?
[12] Elkeen van die visse weeg ruim honderd pond; dit is waarlik nie nodig om meer daaraan toe te voeg om genoeg te hê vir tweehonderd mense nie!
[13] Laat ons nou dus maar huis tie gaan, want Ek is reeds baie honger - en het spesiaal aptyt vir die goeie visse uit die Middellandse See!”
[14] En Josef het dadelik almal na die middagete geroep en hom na die villa begewe.
[15] Onderweg egter het Cirénius aan die lieftallige Kindjie gevra, of hierdie see wel werklik `n Middelsee* was. * (mare mediterraneum)
[16] En die Kindjie het gesê: “Reg of nie, Ek moet immers op julle manier met julle praat as Ek deur julle verstaan wil word.
[17] Na die ete kan jy dit op die klein aardbol sien, dan sal jy daar wel sien of hierdie uitdrukking reg en gepas is.”
[18] Daarop het die Kindjie met Sy Jakob vooruit gehardloop om vinnig aan tafel te wees.
[19] En toe Josef gekom het, het die Kindjie hom al vanaf die tafel toegelag, terwyl Hy al `n stukkie vis in die hand gehou het.
[20] Josef was heimlik baie verheug daaroor, maar vanweë die fatsoenlikheid het hy gesê:
[21] “Maar my liewe Kindjie, so `n groot stuk! Sal Jy dit wel kan opeet?”
[22] Die Kindjie het nog meer geglimlag en gesê: “bekommer jou maar oor iets anders, want jou voorvaders het alreeds daarvoor gesorg, dat iets My maag nie maklik skade doen nie! Hulle het immers aan My maar al te dikwels die slegste en grootste stukke opgedien.” Nou het Josef wel verstaan, wat die Kindjie hiermee wou sê
|
|
|
|
|