Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Maria wys op die barmhartige leiding van God – Josef se redelikheid en trou - Die drie geseënde geskenke van God: Sy heilige wil, Sy barmhartigheid en Sy liefde - `n Baie verhewe getuienis van Maria, die hoofman en die Kindjie oor Josef

(19 Sept. 1843)

31 Toe die drie Wyses weer heeltemal buite was en hulleself in hulle tente ter ruste begewe het, het Maria aan Josef gesê: 

[2] ”Sien jy nou wel, bang en besorgde man, hoe heerlik en goed die Heer ons God is, hoe eg vaderlik Hy vir ons sorg! 

[3] Wie van ons sou dit ooit kon droom? Ons groot angs het Hy tot so `n seën vir ons gemaak en ons groot vrees en al ons sorge het Hy in so `n groot vreugde verander! 

[4] Juis van hulle van wie ons gevrees het dat hulle na die lewe van die Kind trag, het ons beleef dat hulle net aan Hom `n eer kom bewys het soos ons dit altyd alleen aan God die Heer verskuldig is 

[5] en hulle het ons bowendien nog so ryklik met geskenke oorlaai, dat ons ons vir die waarde daarvan `n baie aansienlike landgoed volkome selfstandig kan koop en daar vir die opvoeding van die Goddelike Kind sekerlik baie goed volgens die wil van die Heer kan sorg! 

[6] O Josef, vandag wil ek eers die allerliefdevolste Heer dank, Hom loof en prys gedurende die hele nag, want Hy het nou ook aan ons armoede so goed tegemoetgekom, dat ons ons nou egter goed kan versorg! Wat sê jy hiervan, liewe vader Josef?” 

[7] En Josef het gesê: ”Ja Maria, oneindig goed is God die Heer vir hulle, wat Hom bo alles liefhet en al hul hoop op Hom alleen rig; maar ek dink, dat die geskenke nie vir ons nie, maar vir die Kind bestem is en ons het dus nie die reg om dit na ons goeddunke te gebruik nie. 

[8] Die Kind heet egter ‘Jesus’ en is `n Seun van die Allerhoogste; daarom moet ons eers aan die mees verhewe Vader vra, wat daar met hierdie skatte moet gebeur! 

[9] En wat Hy daaroor sal bepaal, dit sal ons ook doen; maar sonder Sy wil sal ek dit my lewe lank nie aanraak nie en wil ek vir jou en my liewer onder die moeilikste wyse van die wêreld `n geseënde stukkie brood verdien! 

[10] Jy en my seuns het ek tog tot nou toe deur die werk van my hande wat deur die Heer geseën is, onderhou en daartoe sal ek dus met die hulp van die Heer ook verder nog in staat wees! 

[11] Daarom slaan ek geen ag op hierdie geskenke nie, maar alleen op die wil van die Heer en op Sy barmhartigheid en liefde. 

[12] Hierdie is die drie grootste geskenke van God, wat ons altyd tot baie seën sal strek! Sy heilige wil is vir my die kosbaarste wierook, Sy barmhartigheid die suiwerste en swaarste goud en Sy liefde die allerkosbaarste mirre. 

[13] Hierdie drie skatte mag ons altyd sonder skroom oordadig gebruik; maar hierdie wierook, hierdie goud en hierdie mirre hier in hierdie goue sakke mag ons nie aanraak sonder die eerste drie hoofskatte nie, wat aan ons tot nou toe steeds die rykste vrugte opgelewer het. 

[14] Aldus, liewe Maria, wil ons doen en ek weet dat die Heer ons daarom met groot welgevalle sal aansien; Sy welgevalle is vir ons die allergrootste skat! 

[15] Wat dink jy, liewe Maria, het ek gelyk of nie? Is dit nie die regte besluit om met hierdie skatte te werk te gaan nie?” 

[16] Nou was Maria tot trane toe geroer en sy het die wysheid van Josef geprys. En die hoofman het Josef omhels en gesê: ”Ja, jy is nog `n ware mens na die wil van jou God!” Die Kindjie het Josef glimlaggend aangekyk, het `n handjie omhoog gehef en gedoen asof Hy Sy pleegvader, die vrome Josef geseën het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205