Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die verwondering van die drie priesters oor die wysheid van die Kind en van Josef - Josef se kort en korrekte vertelling van die mitologie van die gode

(24 Nov 1843)

76 Met die grootste hoogagting het die drie priesters nader aan Josef gekom en hom gevra, hoe die Kind tot so `n hoogs wonderbaarlike wysheid gekom het, en hoe oud Hy wel was. 

[2] Maar Josef het aan hulle gesê: “Liewe vriende, vra nie te vroeg daarna nie, want `n te vroeë antwoord sou julle die lewe kon kos! 

[3] Volg ons maar na en laat julle baie afgode maar staan en glo, dat daar maar één ware God van hemel en aarde bestaan, en glo, dat hierdie een ware God Hy is, wat die volk van Israel in Jerusalem aanbid en vereer, dan sal julle in julleself en uit die Kind verneem, van waar Sy wysheid is!” 

[4] Die priesters het egter gesê: “Meneer, u spreek hier merkwaardige woorde! 

[5] Is ons hoofgode, Zeus, Apollo, Mercurius, Vulcanus, Pluto, Mars en Neptunus, Juno, Minerva, Venus en die ander dan niks anders as louter produkte van die menslike fantasie nie?” 

[6] En Josef het geantwoord: “Luister na my, vriende! Al julle gode het ontstaan deur die fantasie van julle voorvadere, wat die ware God nog baie goed geken het! 

[7] Hulle was egter besondere digters en sangers aan die howe van die vroeëre konings van die land en hulle weliswaar in goeie ooreenkomstige sin die eienskappe van die een ware God verpersoonlik. 

[8] Vir hulle het Jupiter die goedheid en die liefde van die ewige Vader voorgestel, Apollo die wysheid van die Vader en Minerva die mag van hierdie Wysheid. 

[9] Mercurius het die alomteenwoordigheid van die een God deur Sy almagtige wil beteken. 

[10] Venus het die heerlikheid, die skoonheid en die ewige jeug van die Goddelike Wese uitgebeeld. 

[11] Vulcanus en Pluto het die totale mag van die een God oor die hele aarde voorgestel. 

[12] Mars het die Goddelike erns en die oordeel en die dood voor die veroordeeldes uitgebeeld. 

[13] Neptunus het die werkende Gees van die een God in alle waters voorgestel, hoe Hy daardeur die aarde van lewe voorsien. 

[14] So het die ou Isis, eweas Osiris, die Goddelike onaantasbare gewydheid voorgestel, wat ewig in sigself die Goddelike liefde en wysheid is. 

[15] En so het alle ander laer gode niks as louter eienskappe in ooreenkomstige beelde voor van die een ware God voorgestel nie! 

[16] Dit was `n eg loflike wyse van voorstelling, want `n mens weet nie beter, as dat dit alles slegs die een God beskryf in die verskillende vorme van Sy tallose uitwerkings nie. 

[17] Met die verloop van tyd egter het selfsug, eieliefde en heerssug, die mensheid verblind en verduister. 

[18] Hulle het die gees verloor en daar het niks anders oorgebly as die uiterlike materie en hulle het heidene geword, wat soveel wil sê as: Hulle het groot materialiste geword en die een Groot God verloor en het daarom aan die uiterlike, leë, beelde wat hulle nie verstaan het nie, geknaag soos honde wat gulsig knaag aan kaal bene, waaraan geen vlees meer sit nie. - Verstaan julle my?' 

[19] Die drie het mekaar met groot oë aangekyk en gesê: “Waarlik, u is in ons afgodediens nog beter tuis as ons! Waar het u dit alles te wete gekom?” 

[20] Maar Josef het gesê: ”Hou maar geduld; die Kind sal dit aan julle meedeel! Volg ons daarom na en keer nie weer terug na die ou weë nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205