Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius koop `n huis vir die heilige familie

(12 Okt. 1843)

43 In die môre van die volgende dag het Cirénius dadelik `n boodskapper na die owerste van die militêre garnisoen gestuur en hom laat sê, dat hy so gou moontlik, maar sonder vertoon, na hom toe moes kom. 

[2] En die owerste het na Cirénius gekom en gesê: ”Hoë verteenwoordiger van die groot keiser in Celesyrië en opperkommandant van Tyrus en Sidon, laat my u wens verneem!” 

[3] En Cirénius het gesê: ”Geagte owerste! Ten eerste wens ek, dat aan my hierdie keer geen eerbetoon bewys word nie, want ek is hier ‘incognito’. (as `n onbekende) 

[4] Ten tweede sou ek van u wil weet of daar in die stad self `n beskeie woonhuis te koop of ten minste te huur is, of een of ander villa nie ver buite die stad nie. 

[5] Want ek sou vir `n baie gewaardeerde agtenswaardige Judese familie so-iets wil koop. 

[6] Die gesin moes naamlik om aan ons bekende redes uit Palestina vlug, omdat hulle vervolg is deur die bose Herodus en hulle soek nou beskerming by ons Romeinse opregtheid en altyd streng geregtigheid. 

[7] Ek het alle omstandighede van die gesin noukeurig ondersoek en het hulle geheel suiwer en eerlik bevind; dat hulle onder sulke omstandighede natuurlik nie onder Herodus kan lewe nie, is net so begryplik as wat dit begryplik is, dat die monster van `n viervors oor Palestina en `n deel van Juda die grootste vyand van Rome is. 

[8] Ek dink dat u begryp wat ek u daarmee wil sê! Daarom sou ek ook vir die genoemde gesin hier so-iets kleins en bruikbaars wil aankoop. 

[9] As u van so-iets weet, doen dit vir my as `n guns en wys dit aan my! Want kyk, ek kan andersins nie lank hier bly nie, omdat in Tyrus belangrike sake op my wag; daarom moet alles vandag nog in orde gebring word!” 

[10] En die owerste het aan Cirénius gesê: ”Deurlugtige meester! As dit `n saak is wat vinnig afgehandel moet word; ek het naamlik ongeveer `n halwe myl buitekant die stad vir myself `n aangename woning gebou en het daar `n vrugtetuin en drie mooi koringakkers aangelê. 

[11] Daar bly vir my egter te min tyd oor om daar voldoende aandag aan te bestee. Dit is my volledige eiendom; as u dit wil hê, so is dit, ingeslote beskerming, vir honderd pond te koop en kan as onbelaste goedere in eiendom oorgaan.” 

[12] Toe Cirénius dit gehoor het, het hy die owerste die hand gereik en het sy dienaars die geldsak na hom laat bring en het die owerste die huis dadelik in kontant betaal sonder om dit eers te gesien het, en het hom daar vervolgens, onopgemerk deur Josef, deur die owerste daarnatoe laat begelei om daar sy aankoop te besigtig. 

[13] Toe hy die woning, wat hom buitengewoon goed geval het, besigtig het, het hy dadelik aan sy dienaars opdrag gegee om solank in die huis te bly tot hy met die gesin sou terugkom. 

[14] Vervolgens het hy hom saam met die owerste na die stad begeef en het vir homself op perkament `n beskermingsdokument laat oorhandig, het daarna afskeid van die owerste geneem en toe vol heimlike vreugde na Josef gegaan. 

[15] Josef het dadelik aan hom gesê en gevra: ”Goeie, liewe vriend Cirénius, ek moet my God dank dat Hy u soveel geseën het en dat u aan my tot dusver so baie vriendskap bewys het! 

[16] Ek is nou gered en het vir hierdie nag `n heerlike onderdak gehad! Maar indien ek hier moet bly, hoe sal dit daar in die toekoms uitsien? Waar sal ek woon, hoe moet ek my brood verdien? Kyk, ek moet onmiddellik daarna uitkyk!” 

[17] En Cirénius het gesê: ”Baie goed, agtenswaardige man en vriend! Laat jou gesin daarom julle besittings oplaai en gaan dadelik sak en pak met my saam, dan sal ons `n paar honderd tree buitekant die stad iets gaan soek, omdat daar volgens my inligting in die stad niks te kry is nie!” - Dit het Josef goed geval en hy het gedoen wat Cirénius verlang het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205