Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die verskriklike tyding van die ylbode - Die bloeddorstige eis van die heidense afgodspriesters - Cirénius in die noute tussen sy hart en die wêreld - Goeie raad van die Kindjie

(13 Nov 1843)

67 So het daar `n rustig uur verbygegaan en die mense het hulleself nie meer so baie bekommer oor die gewoed en geraas van die storm nie. 

[2] Na verloop van `n uur het daar egter ylbodes na Cirénius in die huis van Josef gekom en die volgende vertel: 

[3] ‘'Hoë, magtige meester! Daar gebeur ongehoorde dinge, 

[4] op verskillende plekke bars daar vuur uit die aarde; 

[5] vlieënde vuursuile word deur die orkaan heen en weer gedryf en verwoes alles waarmee hulle in aanraking kom. 

[6] Niks is stewig en sterk genoeg om hulle ontsettende krag te weerstaan nie. 

[7] Die priesters het gesê, dat alle gode gesamentlik in woede ontsteek het en ons almal wil vernietig! 

[8] So is dit ook, want jy hoor duidelik die geblaf van Cerberus, (mitologiese drie-koppige hond wat die ingang na die hel bewaak) en die Furiës (helle-veë of mal geeste) dans al oral rond! Vulcanus (brandende god van metaalwerking) het sy vuurherd op die aardoppervlak gerig; 

[9] Sy magtige siklope (eenoogreuse) verniel moedswillig die huise en berge. 

[10] En Neptunus (Romeinse seegoddraer van `n drietandvurk) het al sy mag saamgebundel! 

[11] Hy verhef die seë soos die berge en wil ons almal laat verdrink. 

[12] As daar nie vinnig groot mense offers aan die uitermate vertoornde gode gebring word nie, dan is dit klaar met ons almal ! 

[13] Die priesters het duisend jong seuns en duisend meisies as soenoffers aangewys; ons is daarom in alleryl na u uitgestuur om die fiat (magtiging) van u te verkry!” 

[14] Cirénius het geweldig oor hierdie berig geskrik en nie geweet wat hy nou moes doen nie. 

[15] Vanweë die staatspolitiek het hy dit nie durf waag om homself reëlreg teen die oproep van die priesters te verset nie; 

[16] maar om die offers goed te keur was vir sy hart nog onmoontliker as om die priesters te weerspreek. 

[17] Hy het homself daarom tot die Kindjie gewend, wat so pas wakker geword het en Hom om raad gevra oor hierdie verskriklike probleem. 

[18] Die Kindjie het egter gesê: ”Wees rustig, want binne `n minuut sal die storm gaan lê - en hulle, wat die mense wil slag, sal dit nie meer sal nie meer daar wees nie! Wees daarom rustig, My Cirénius!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205