Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die klein maaltyd in die opelug met die jongmans - Die brand in die keiserlike paleis – Cirénius se opwinding en woedende woorde – Josef se rus en kalm antwoord aan die opgewonde Cirénius

(26 Jan 1844)

126 Daarna het Cirénius Josef, met Maria, die Kindjie en Eudokia weer uitgenooi om saam met hom die verversings te geniet. 

[2] Nou het Josef dadelik met sy mense op die onderste plek gaan sit, die spyse geseën en geëet en gedrink. 

[3] Ook die twee jongmans het die voorbeeld van Josef gevolg en vervolgens die res van die hele geselskap. 

[4] Toe hulle daar so welgemoed bymekaar gesit en geëet en gedrink het, 

[5] het Maronius, wat langs Cirénius gesit het, opgemerk hoe daar bo die stad Ostrasine `n enorme rooksuil begin opstyg na bo, 

[6] en ook hoe aan die seekus ewe-eens digte rooksuile begin opstyg. 

[7] Onmiddellik het hy Cirénius se aandag daarop gevestig en Cirénius het gou besef dat daar in die stad, presies op daardie plek, sy paleis aan die brand was en hy het vermoed, dat aan die ietwat verder geleë kusstrook, sy skepe aan die brand gesteek was. 

[8] Soos deur duisend weerligstrale getref, het Cirénius opgespring en geroep: 

[9] ”Om JaHWeH se wil, - wat sien ek daar! Is dit nou die dank vir my goedheid teenoor julle ellendige Ostrasiners? 

[10] Waarlik, ek sal hierdie goedheid in die woede van `n tier laat verander en julle sal vir julle misdade boet soos nog geen helleveeg in die diepste hel al geboet het nie! 

[11] Staan op, vriende en broers! Nou kan ons hier nie meer langer bly nie! Vooruit, tot regverdige wraak teen hierdie boosdoeners!” 

[12] Die hele gevolg van Cirénius het na hierdie verskriklike kreet van Cirénius blitsvinnig opgespring en oombliklik alles bymekaar gepak. 

[13] Net Josef met sy mense het heeltemal rustig bly sit en het nouliks na die plek van die brand gekyk. 

[14] Cirénius het dit opgemerk en gejaagd teenoor Josef uitgevaar met die woorde: 

[15] ”Wat is jy wel vir `n vriend vir my as jy by die aansig van my rampspoed so rustig hier kan sit?! 

[16] Jy weet tog, dat ek vanweë al die verskeurende diere hierdie bergweg sonder jou nie veilig kan deurgaan nie! 

[17] Staan daarom op en stel my terugtog veilig, anders maak jy my ook nog teenoor jou verbitterd!” 

[18] En Josef het baie bedaard gesê: ”Kyk, jou in toorn ontbrande Romein, juis nou sal ek jou nie volg nie! 

[19] Wat wil jy maak, as jy oor ongeveer twee uur daar benede aankom? Sal alles in die tyd nie lankal alreeds deur die vlamme verteer wees nie?! 

[20] Wil jy egter wraak neem, dan dink ek sal nog altyd genoeg tyd daarvoor wees!  

[21] As jy nie so opgewonde was nie, werklik, dan sou ek dit aan beide die jongmans gesê het en hulle sou oombliklik `n einde aan die brand gemaak het! 

[22] Maar omdat jy self so tekere gegaan het, gaan jy nou maar self daarnatoe en doof die vuur met jou toorn!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205