Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die middagete in die kasteel - Die hoofman op soek na armes in die stad, sy terugkeer en Cirénius se waardering - Die seënende woorde van die Kindjie Jesus

(26 Feb 1844)

151 Die hele geselskap het hulle nou weer na die stad en na die kasteel terug begeef, waar die middagete intussen heeltemal na Judese gebruik voorberei was. 

[2] Elkeen het weer op sy vorige plek gaan sit en hom met die smaaklik bereide middagete versterk. 

[3] Eers aan die einde van die maaltyd het Cirénius opgemerk, dat ons bekende hoofman hom nie onder die gaste bevind het nie. 

[4] ”Waar is hy, wat doen hy?” was die algemene vraag bo aan die Romeinse deel van die tafel. 

[5] Cirénius het hom tot Josef gewend en hom daarna gevra. 

[6] En Josef het hom geantwoord en gesê: Wees nie oor hom bekommerd nie, want hy het uitgegaan om die armes in die stad op te soek! 

[7] Dit gaan vir hom nou sekerlik nog meer om die vind van die innerlike lig as eintlik om die armes, 

[8] maar dit benadeel geensins sy saak nie, want in die soeke self sal die regte weg vanself vir hom geopen word!” 

[9] Toe Cirénius dit verneem het, het hy baie bly geword en het hierdie hoofman in sy hart geloof. 

[10] Terwyl die Romeine onder mekaar nog verdeeld was weens allerlei vermoedens uitwissel oor die rede van die afwesigheid van die hoofman, het hy self baie opgewek die geselskap binnegekom en is dadelik van alle kante met duisende vrae bestorm. 

[11] Maar die hoofman, self `n groot vriend van die stel van vrae, was allermins `n vriend van antwoorde. 

[12] Hy het dan ook onmiddellik na Cirénius gegaan en hom verontskuldig, dat hy tydens die middagete vandaar weggegaan het. 

[13] En Cirénius het die hoofman die hand gereik en aan hom gesê: 

[14] ”Voorwaar, al sou ons teenoor die vyand staan en jy sou om so `n rede die gevegsveld verlaat het, dan hoef jy jou vir my nie te verantwoord nie! 

[15] Want waarlik, soos ek dit nou insien, doen ons meer as ons ook maar aan één mens goed doen, as wanneer ons alle ryke van die wêreld vir Rome sou wen! 

[16] Aan één mens is God meer geleë as aan die hele res van die wêreld! 

[17] Daarom doen ons vir God ook verreweg meer as ons soos broers uit liefde `n broer liggaamlik versorg en soveel moontlik ook geestelik, 

[18] as wanneer ons teen duisende van die ergste vyande te velde sou trek! 

[19] Ja, vir God is dit eindeloos veel roemryker om `n weldoener vir sy broers te wees as die allergrootste held van hierdie dolle wêreld!” 

[20] En die Kindjie het daaraan toegevoeg: ”Amen; so is dit, My Cirénius Quirinus! 

[21] Bly op hierdie weg; voorwaar, so seker soos hierdie weglei geen ander weg na die ewige lewe nie! Want die liefde is die lewe; wie die liefde het, het ook die lewe!” Daarop het die Kindjie Cirénius en die hoofman met Sy oë geseën.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205