|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 131
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
`n Naderende onweersbui – Josef se raad - Die voorgevoelens en die vlug van die leeus na die bos
(01 Jan 1844)
131 Die ander, wat vroeër in alle rigtings oor die uitgestrekte bergkruin verspreid beweeg het, kom met besorgde gesigte terug.
[2] Want hulle het uit die suidwestelike deel van Egipte enorme swart wolke sien opkom, wat altyd voorlopers van groot storms is.
[3] In die noordoostelike rigting na die kant van Ostrasine was die lug weliswaar nog volkome helder, maar nog meer huiweringswekkend het dit bo die gebergte, soos reeds gesê, in `n suidwestelike rigting daar uitgesien!
[4] Diegene wat teruggekom het, het daarom aangeraai om vinnig na die huis terug te keer.
[5] Maar Cirénius het gesê: ”sodra dit die regte tyd is, sal hierdie magtige wyses ons dit wel meedeel;
[6] solank hulle hulself rustig gedra, hoef ons ook ons nie onrustig te maak nie!”
[7] Maronius en die owerste het egter gesê: ”U het gelyk; maar gaan na die klein hoogte en kyk, dan sal u ons mening sekerlik deel!
[8] Want daar lyk dit, asof alle helleveë die aarde in één slag aan die brand gesteek het!”
[9] En Cirénius het aan die lig sluimerende Josef gevra:
[10] ”Vriend en broer, het jy gehoor watter waarskuwende boodskap hierdie mense my hier gebring het?”
[11] Josef het geantwoord: ”Ek het gesluimer en weet nouliks waaroor julle onder mekaar praat.”
[12] Daarop het Cirénius gesê: ”Staan eers op en gaan met my op die hoogte, dan sal jy dadelik ontdek waaroor ons gepraat het!”
[13] Josef het opgestaan en met Cirénius die hoogte opgegaan.
[14] Toe hulle daar aangekom het, het Cirénius Josef dadelik op die uiterste dreigende voorkoms van die naderende storm gewys.
[15] En Josef het gesê: ”Ja, wat wil jy nou doen?
[16] Vlug!!? - Waarheen? Binne `n kwartier is die storm alreeds hier!
[17] Ons het anderhalfuur nodig om na Ostrasine te stap; die storm sal ons al lankal ingehaal het voordat ons deur die boonste gedeelte van die bergwoud gekom het!
[18] Wat staan ons te doen in die onveilige ravyn indien enkele legioene wilde diere ons sal omring - wat hulle gedurende groot storms graag doen?!
[19] En as ons bowendien nog deur groot strome van `n wolkbreuk oorval word, wat ons meedoënloos in die diepte meesleur, wat doen ons dan?
[20] Daarom kan ons eerder hier op die berghoogte bly, waar ons hoogstens nat word, terwyl ons in die bos allerlei moeilikhede kan oorkom!”
[21] Cirénius was tevrede met hierdie raad en het met Josef weer onder die vyeboom gaan sit.
[22] Maar die geselskap van Cirénius het daarby tog wel `n baie bedenklike gesig getrek, veral toe hulle die drie leeus plotseling sien opspring en die bos sien invlug het.
[23] Maronius het selfs aan Josef gesê: ”Kyk, ons drie gediertes wat trou aan ons geword het, het sekerlik `n voorgevoel van die ramp, wat ons hier te wagte is, dat hulle die vlug geneem het om hulleself te beskerm! Moet ons nie dieselfde doen nie?”
[24] Maar Josef het gesê: ”Die mens moet nie van die diere leer wat hy moet doen nie, maar van die Heer van die natuur!
[25] Ek ag myself verstandiger as die diere; daarom bly ek en wag die storm hier af en breek eers op as dit verby is – ingeval daar `n ander een kom!” Hiermee het almal hulleself tevrede gestel en het in vreesbevange afwagting gebly.
|
|
|
|
|