Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die aand op die heuwel - Bespiegelinge van Josef en Jonathan oor die volmaan - Wenke van die Kindjie oor baie weet in teenstelling tot baie liefhê - Die aangesig van God -Die wese van die maan

(26 Mrt 1844)

174 Omdat dit alreeds aand was en die volle maan juis bo Ostrasine opgekom het, 

[2] het Jonathan vanaf hierdie heuwel die mooi gestalte daarvan bewonder en hom oor die maanlig verheug en heeltemal stil geword. 

[3] Josef het dit opgemerk en aan Jonathan gevra: “Broer, wat sien jy tog wel in die glansende maanskyf, dat jy dit so aandagtig betrag?” 

[4] En Jonathan het geantwoord en gesê: “Ek sien eintlik heeltemal niks nie - behalwe die ou steeds eenderse vlekke! 

[5] Maar tog vra ek my, so dikwels as wat ek die maan so betrag, wat die vlekke wel is en wat die maan eintlik is, waarom ons dit dan heeltemal nie sien nie, dan weer as `n sekel, dan weer sus of so sien! 

[6] As jy daar miskien iets meer oor weet, vertel dit my dan, want oor sulke dinge hoor ek baie graag mense praat.” 

[7] En Josef het gesê: “Liewe vriend, in hierdie opsig is ons volkome gelyk aan mekaar, 

[8] en daarom weet ek van die merkwaardige gesteldheid van hierdie hemelliggaam eweveel af as jy, 

[9] en sal ek jou dus in hierdie opsig belaglik weinig kan vertel! Die Kindjie sal daar sekerlik meer van weet as ek; vra Hom dus maar!” 

[10] Jonathan het ietwat benoud die Kindjie na die gesteldheid van die maan gevra. 

[11] En die Kindjie het gesê: “Jonathan, as Ek jou die maan laat sien, sal jy ook die son wil sien en daarna die tallose sterre! 

[12] Vertel My eers, wanneer sal daar `n einde kom aan jou kyklus en weetgierigheid?! 

[13] Kyk, baie weet maak die hoof swaar en die aardse lewe onbehaaglik! 

[14] Maar baie liefde in jou hart vir God en jou broers maak die aardse lewe aangenaam en neem alle vrees vir die dood weg! 

[15] Want hierdie liefde is immers in sigself die ewige lewe, en wie dit het, sal eens ook die hele skepping te siene kry! 

[16] Want wie God regtig liefhet sal Sy aangesig aanskou! Dit egter is die aangesig van God, wat Hy deur Sy wysheid en Sy ewige almag geskape het! 

[17] Want die wysheid en die almag is die aangesig van God, soos die Liefde Sy vernaamste wese van ewigheid is! 

[18] Maar omdat jy My nou na die maan gevra het, sê Ek jou: dit is `n newe-aarde en het berge, dale, vrugte, diere en wesens soos jy. 

[19] Maar die deel wat jy sien, is onbedek, kaal en leeg en het nòg water, nòg vuur. 

[20] Alleenlik die gedeelte wat jy nie sien nie, is net soos die aarde; 

[21] sy lig kom van die son en sy ligwisseling is `n gevolg van sy stand en verander elke minuut deur die omwenteling om die aarde. En die vlekke is dieper en donkerder plekke van beproewing. 

[22] Nou weet jy wat die maan is; is jy daarmee tevrede?” - En Jonathan het bevestigend op hierdie vraag geantwoord en diep in gedagtes versink.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205