Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius kry `n les oor die beloofde plaery van die Heer – Josef se uitleg van die wonderbaarlike verskynsels in die natuur

(29 Jan 1844)

128 Toe alles weer aldus tot orde en rus gebring was, het die Kindjie Homself opgerig en aan Cirénius gesê: 

[2] ”Luister na My, edelmoedige man! Herinner jy jou nog hoe Ek My broer Jakob aan sy hare getrek het?!  

[3] Toe wou jy gehad het dat Ek jou ook aan jou hare moes trek! 

[4] Ek het jou dit beloof en kyk, nou hou Ek My belofte, 

[5] want al die klein verrassinkies, wat jou sedertdien oorgekom het, is niks anders as jou beloofde haartrekkery nie! 

[6] As jy in die toekoms weer so-iets sal oorkom, herinner jou dan aan hierdie woorde van My en wees nooit weer bang vir iets nie en word nooit meer so woedend nie! 

[7] Want jy sal daardeur geen haar verloor nie. Wie Ek so-iets laat oorkom, hom het Ek lief en hy het niks te vrees nie, nòg in hierdie, nòg in die ander wêreld!” 

[8] By hierdie verduideliking van die Kindjie het Cirénius trane in sy oë gekry en hy het van louter liefde en dank nie geweet wat hy moes doen nie. 

[9] Talle heidense omstanders het egter ook hierdie woorde van die Kindjie gehoor en hulle was uitermate verbaas dat die Kindjie van drie maande oud al so volmaak wys en duidelik kon praat. 

[10] En sommige van hulle het hulle tot Josef gewend en gevra, hoe dit moontlik was, dat die Kindjie op so `n vroeë leeftyd al so goed kon praat! 

[11] Josef het sy skouers opgehaal en gesê: ”Liewe vriende! Op hierdie groot aarde en in die besonder op die gebied van die lewe kan daar die wonderlikste verskynsels gesien word. 

[12] Dit gebeur weliswaar voor ons oë, maar wie kan die geheime wette van `n skeppende Godheid bepaal, waarvolgens Hy dit bewerkstellig? 

[13] Voorwaar, ons self, wat die grootste wonder is, trap met ons voete daagliks op ontelbare wondere - en slaan daar nouliks ag op! 

[14] Wie van ons weet egter, hoe hierdie tallose wonderwerke ontstaan het, hoe die gras, die bome, die wurms, die muggies en die visse in die water ontstaan het? 

[15] Voorwaar, daar bly vir ons niks anders oor as om die wondere net te betrag en die groot heilige Heer van hierdie werke te roem, te loof en te aanbid nie!” 

[16] Hierdie verduideliking van Josef het die vraende heidene volkome gerusgestel, 

[17] en hulle het vanaf daardie oomblik die hele natuur met ander oë aangesien. 

[18] Hulle het nou na alle rigtings van die onbegroeide berg versprei en die wondere van die skepping betrag. 

[19] Maar Cirénius het hom nogtans heimlik na Josef gewend en hom gevra of hy in erns dit nie geweet het nie. 

[20] En Josef het dit plegtig aan hom bevestig en gesê: ”Wend jou daarvoor tot die Kindjie; Hy sal aan jou beslis die beste inligting gee!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205