Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 266

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cornelius vra na die wonderbaarlike van die Kindjie - Josef wys hom op Sy vermoë om te praat - Besondere woorde van die Kindjie aan Cornelius

(30 Julie 1844)

266 Nadat Cornelius ook met Eudokia voldoende alles bespreek het wat hy gedink het hy moes weet 

[2] en daaruit opgemerk het dat haar mededeling volledig in ooreenstemming was met wat alles in die brief van sy broer gestaan het, 

[3] het hy hom weer tot Josef gewend en aan hom gesê: 

[4] “Mees verhewe man! Nou is alles vir my volkome duidelik. 

[5] Ek sal jou nie meer vra hoe en waarom jy Egipte weer verlaat het nie, hoewel jy daar uitstekend versorg was; 

[6] want ek weet dat jy alleenlik maar doen wat aan jou deur jou God beveel word. 

[7] En omdat jy so noukeurig handel volgens die wil van jou God, is jou handel ook altyd korrek en regverdig voor God, en voor die hele wêreld, wat net soos ek opreg dink en wil en handel. 

[8] Maar één ding sou ek jou nog wou vra voordat ek na Jerusalem vertrek 

[9] en dit is die volgende: Kyk, nog altyd sien ek die wonderlike verskynsels wat by die geboorte van jou Kind plaasgevind het, nog baie lewendig voor oë! 

[10] Nou sien ek juis hierdie Kind wat so wonderbaarlik gebore is, voor my en al die wonderlike skyn aan Hom asof volledig verlore te gegaan het. Kan jy my sê hoe ek dit moet sien?” 

[11] En Josef het gesê: “Maar vriend, hoe vra jy my so `n merkwaardige vraag? 

[12] Het jy dan nie so pas die Kindjie met Salóme hoor praat nie? 

[13] Praat alle kinders wel op hierdie leeftyd met soveel diepsinnige wysheid? 

[14] Vind jy sulke woorde uit die mond van `n driejarige Kind dan nie ewe wonderbaarlik as die wonderlike verskynsels by die geboorte te Betlehem nie?” 

[15] En Cornelius het gesê: “Daarin het jy wel gelyk, maar juis daarom is dié wonder vir my niks nuuts nie. 

[16] Want sien, in Rome het ek al dikwels kinders van een jaar oud, wie se geboorte egter volkome natuurlik was, op `n verbasingwekkende manier hoor praat! 

[17] Om hierdie rede het jou besonderse Kind nog nie my groot verwagtinge bevredig nie.” 

[18] Nou het die Kindjie Self na Cornelius toe gekom en aan hom gesê: 

[19] “Cornelius, wees tevrede met die las wat Ek op jou skouers gelaai het, 

[20] want kyk, jy sou wel `n granietberg moes word as jy `n groter las van My wil op jou skouers sou wou laai! 

[21] Verlang daarom voortydig nie meer van My nie! 

[22] Op die regte tyd sal Ek wel genoeg vir jou en die hele wêreld doen!”

[23] Toe Cornelius dit verneem het, het hy geen vrae meer gestel nie en het toe spoedig sy bagasie vir vertrek laat gereedmaak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205