Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef raai aan om na bed te gaan - Die mededeling van die jongmanne oor `n nagtelike aanval deur 300 rowers - Die inval - Die oorwinning van die engele

(13 Jan 1844)

115 En Josef het gesê: ”Kinders en vriende, dit is al laat in die aand; daarom dink ek dat dit tyd geword het om ons ter ruste te begewe!” 

[2] En die jongmanne het gesê: ”Ja, vader Josef, jy het gelyk; julle almal, wat nog in die sterflike liggame woon, neem `n versterkende nagrus! 

[3] Ons sal egter na buite gaan om die huis te bewaak! 

[4] Want die vyand van die lewe het op listige wyse verneem dat die Heer hier woon, en het besluit om hierdie huis gedurende hierdie nag moorddadig te oorval. 

[5] Daarom is ons hier om hierdie huis te beskerm; en as die vyand kom, dan sal hy kwaai toegetakel word!” 

[6] Josef en Maria, Eudokia, wat nog wakker was, die drie priesters en die seuns van Josef het geweldig oor hierdie mededeling geskrik, 

[7] en Josef het gesê: ”As dit so is, dan wil ek nie gaan slaap nie, maar sal die hele nag met julle waak!” 

[8] Maar die jongmanne het gesê: ”Wees julle almal onbesorg; ons is genoeg in getalle en het ook krag genoeg om volgens die wil van die Heer die hele skepping in niks te verander! 

[9] Waarom sou ons dan bang wees vir `n handvol lafhartige gehuurde moordenaars?! 

[10] Want kyk, die hele saak staan so: Sommige vriende van die priesterdom wat ten gronde gegaan het, het deur die toedoen van die satan dit te wete gekom, dat Cirénius `n groot vriend van die Judeërs geword het en wel deur hierdie huis. 

[11] Daarom het hulle `n geheime komplot gesmee en gesweer om hierdie huis vannag te oorval om almal wat hulleself daarin bevind, te vermoor. 

[12] Ons het die plan egter al lankal vooruit gesien en het daarom gekom om hierdie huis te beskerm. 

[13] Wees dus heeltemal gerus; môre sal julle sien hoe ons deur hierdie hele nag vir julle gewerk het!” 

[14] Toe Josef sulke getroue woorde ter beskerming verneem het, het hy God geloof en geprys. 

[15] Hy het toe eers Eudokia haar slaapkamer aangewys, haar as sy dogter geseën en sy het eerste en dadelik haar ter ruste begeef. 

[16] Daarna het Maria met die Kindjie na hulle slaapkamer gegaan en sy het die Kindjie by haar in die bed geneem. 

[17] Toe het ook die drie priesters na hulle kamer gegaan; Josef en sy seuns het egter in die eetkamer gebly en gewaak. 

[18] Maar die jongmanne het na buite gegaan en die huis omring. 

[19] Teen middernag het hulle wapengekletter op die pad van die stad na die villa gehoor. 

[20] Binne enkele minute was die hele huis van Josef deur driehonderd gewapende manne omsingel. 

[21] Maar toe hulle die huis wou binnedring, het die jongmans opgestaan en in `n oomblik die hele skare op één man na verwurg! 

[22] Hulle het egter een geboei en hom as getuie vir die volgende dag na `n kamer gelei. 

[23] En so is die huis van Josef wonderbaarlik gered en het verder in vrede gebly en was veilig teen elke toekomstige aanval.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205