Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Goeie ontvangs van Jonathan deur sy mense - Die uitvaart na die oop see - Die redding van Cirénius en sy mense, die skipbreukelinge

(01 Mrt 1844)

179 Volgens die huidige tydsberekening was dit tienuur in die aand, toe Jonathan tuis gekom het.

[2] Toe Jonathan om hierdie tyd tuis gekom het, het hy sy drie helpers met hulle vroue en kinders nog druk doenig gevind en hy het hulle hoor juig en soos volg met mekaar hoor praat: 

[3] “Dit was goed en reg, dat ons meester op reis gegaan het en ons die geleentheid gegee het dat ons hom kan laat sien watter getroue dienaars ons van sy huis is! 

[4] Duisend pond tornyne, duisend pond steurvis, drie jong haaie, tien swaardvisse, `n dolfyn en ongeveer tweehonderd pond kleiner, voortreflike visse het ons vandag gevang! 

[5] Watter vreugde sal hy hê, as hy so `n rykdom aan visvangs sal vind!” 

[6] Nou het Jonathan sy teenwoordigheid aangekondig en almal het hom soos `n vader tegemoet gehardloop en hom die voorspoedige vangs laat sien. 

[7] Jonathan het hulle geprys en gekus, waarna hy gesê het: “Omdat julle vandag alreeds so ywerig was, moet julle dan nou die groot visse, soos die haaie, die swaardvisse, die dolfyn en die steurvis in vier deel en na die groot rokery bring! 

[8] En maak dan dadelik ook `n sterk rook van allerlei welriekende struike, sodat die visse deur die hitte nie sal verrot nie! En sout veral die haaie en die dolfyn goed in en wees daarby nie suinig met die see-uie en die tiemie nie! 

[9] Julle moet egter die tornyne en die ander kleiner visse in die groot vate plaas!” 

[10] Maar sy eerste helper het gesê: “O meester, wat u nou alles beveel, dit het alreeds vroeër gebeur en alles is al in die beste orde!” 

[11] Toe het Jonathan daarheen gegaan en homself van dit alles oortuig en gesê: “Kinders en broers, dit is geen gewone vangs nie! 

[12] Daaraan het `n hoër mag meegewerk; daarom wil ons nou ook tot na middernag wag om te sien of so `n hoër mag nie aanspraak sal maak op ons krag nie! 

[13] Julle het die groot maansverduistering gesien; dit is `n sekere teken dat vandag nog `n ongeluk êrens op iemand wag! Daarom sal ons ook tot middernag wag om te sien of iemand nie ons hulp nodig sal hê nie! 

[14] Maak daarom die groot boot, wat `n seil het en tien sterk roeispane, klaar om uit te vaar!” 

[15] En die drie helpers het dadelik gegaan en dit alles gedoen. 

[16] Hulle was nog maar nouliks klaar met die gereedmaak van die groot boot, of `n kragtige wind het begin om die water van die see al om te woel. 

[17] Toe het Jonathan aan die drie gesê: “Ons het nou geen tyd meer te versuim nie! Roep julle tien seuns en plaas hulle by die roeispane! Jy, vismeester, neem die roer, dan sal ek self die voorste twee groot roeispane bearbei! 

[18] Maar haal die seil na benede, want ons het `n geweldige teenwind; en so gaan ons dan onmiddellik in die naam van die Almagtige na die hoë see!” 

[19] Toe hulle so `n uur lank na buite geroei het, waarby hulle baie las gehad het van die hoë, sterk golwe, het hulle `n luide angsgeskreeu vanuit die hoë, sterk golwende see verneem. 

[20] Jonathan het moedig daarop afgeroei en het binne `n kwartier `n groot Romeinse skip bereik, wat op `n sandbank vasgesit en deur die druk van die golwe al baie erg oorgehang het. 

[21] Onmiddellik is toulere na hulle gewerp en alle passasiers - ongeveer honderd in getal - is gered; aan die hoof daarvan het hom nou juis ons Cirénius met Tullia en met Maronius Pilla bevind.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205